Russe se hoop op vlag daarmee heen
Russe se hoop op vlag daarmee heen

Russe se hoop op vlag daarmee heen

Olimpiese Winterspele
Russiese deelnemers aan die Winterspele in Pjeongtsjang in Suid-Korea wat gehoop het om Sondag by die afsluitingseremonie agter die Russiese vlag te stap, se hoop het ’n muis gebaar.

Die Russe het as neutrale deelnemers aan die Spele deelgeneem, nadat die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) Rusland se Olimpiese status opgeskort het ná jare se skandale wat die gebruik van opkikkers betref.

Die IOK sê twee opkikkeroortredings deur Russiese atlete op die Spele het ’n demper op ’n andersins “skoon byeenkoms” geplaas. Die president van die IOK, Thomas Bach, sê die twee toetse wat positief was, kan nie geïgnoreer word nie - vandaar die besluit om die status quo te handhaaf.

“Dit was baie teleurstellend en het die IOK verhoed om selfs die opskorting te oorweeg,” sê Bach.

Rusland se yshokkiespan het Sondag die IOK se reëls oor neutraliteit oortree deur die Russiese nasionale lied te sing. Elena Valbe, president van die Russiese ski-federasie, sê die besluit is teleurstellend.

“Sommige atlete het juis agtergebly omdat hulle gehoop het om onder die Russiese vlag te stap,” het Valbe gesê. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-09-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer