• Tuisblad
  • Sake
  • Rupert sien minder geleenthede, meer onsekerheid
Rupert sien minder geleenthede, meer onsekerheid
Rupert sien minder geleenthede, meer onsekerheid

Rupert sien minder geleenthede, meer onsekerheid

Die stygende vlakke van skuld, internasionale onsekerheid en politieke verdeeldheid in Amerika en Europa gaan dit moeilik maak om goeie geleenthede vir beleggings te kry, sê die bekende sakeman.
Nellie Brand-Jonker – Johann Rupert, voorsitter van die beleggingsmaatskappy Reinet, sien aan die begin van sy nuwe boekjaar minder goeie geleenthede vir beleggings en rede om bestaande beleggings teen ’n afswaai te beskerm.

Die Rupert-familie is die grootste belegger in die genoteerde Reinet Investments, wat sy bates in ’n fonds bestuur.

“Die stygende vlakke van skuld, internasionale onsekerheid en politieke verdeeldheid in Amerika en Europa gaan dit moeilik maak om goeie geleenthede vir beleggings te kry. Dit word belangriker om beskerming teen ’n afswaai te kry,” het Rupert het in die resultate vir die boekjaar tot einde Maart gesê.

Hy het verwys na “algemene stygende vlakke van risiko en onsekerheid”.

Hy sê Reinet fokus op die groei in die netto batewaarde oor lang termyn in ’n toenemend meer wisselvallige wêreld.

“In tye van onsekerheid is Reinet se benadering om waarde vir aandeelhouers op lang termyn te behou. Ons sal aanhou fokus op ondernemings wat ons verstaan en sakevennote wat ons ken en vertrou.

“Ons sal voortgaan om te belê en ons portefeulje van bates te ondersteun terwyl ons dit oorweeg om waarde te realiseer van die kleiner beleggings waar die tyd en geld wat bestee is, oneweredig is tot hul vermoë om ’n betekenisvolle langtermynimpak op die netto batewaarde te hê.”

Reinet het in Oktober 2018 ’n dekade oud geword.

Die maatskappy is geskep toe die Rupert-maatskappye Richemont en Remgro hul aandele in British American Tobacco (BAT) ontknoop het.

Rupert sê in die jaarresultate Reinet het sedert sy aanvang ’n jaarlikse opbrengs van 8% vir beleggers gelewer. Die onderliggende netto batewaarde het teen 10% per jaar gestyg.

Minder twak

Einde Maart het die netto batewaarde van Reinet se bates op €4,8 miljard gestaan, ’n daling van €297 miljoen of 5,8%.

Dit toon hoofsaaklik die daling in BAT se aandeelprys.

Die waarde van dié tabak-aandele het die kleinste deel nog van sy beleggingsportefeulje verteenwoordig weens die daling in BAT se aandeelprys die afgelope jaar.

Die waarde van die BAT-aandele beloop nou 52,2% van sy netto batewaarde, of €2,5 miljard. Dit is ’n redelike daling van verlede jaar toe dit nog 62,4% van die netto batewaarde (totale bates minus laste) was.

BAT se aandeelprys het van £41,31 tot £31,94 gedaal.

“BAT se sterk onderliggende vertoning duur voort . . . maar die mark weerspieël steeds die onsekerheid oor die impak van die veranderinge waardeur die bedryf gaan, asook verwagte wetgewing wat kom.

“Ons glo BAT bly ’n aantreklike langtermynbelegging en dat die bedryfsprobleme wat tans ervaar word, op gepaste wyse bestuur gaan word,” sê Rupert.

Goud en biotegnologie

’n Jaar gelede het Reinet, BAT uitgesluit, net beleggings in twee ander genoteerde maatskappye gehad, naamlik SPDR Gold en Selecta Biosciences, maar nou het hy beleggings in nog drie ander genoteerde maatskappye.

Die waarde van sy belegging in dié vyf maatskappye beloop egter altesame net 1,7% of €82 miljoen van sy batewaarde.

Hierdie beleggings lyk so:

* SPDR Gold: Reinet het in 2015 hierin belê. SPDR Gold is die grootste beursverhandelbare fonds in die wêreld wat in fisieke goud belê.

* Selecta Biosciences: Dit is ’n farmaseutiese maatskappy wat by biotegnologie betrokke is. Die maatskappy het gepatenteerde tegnologie waarmee skaars en ernstige siektes behandel kan word.

Selecta spruit uit die waagkapitaalmaatskappy NanoDimension waarin Reinet belê het. Selecta het in 2016 op die Nasdaq noteer.

* Soho China Beperk: Reinet het in Augustus 2018 aandele hierin bekom nadat die beleggingsmaatskappy Milestone, waarin hy aanvanklik belê was, die bates versprei het. Soho is ’n Chinese kantoor-ontwikkelaar wat in die sakekern van Beijing en Shanghai in eiendomsontwikkeling en verhuring bedrywig is. Soho se ontwikkelings is bekend vir hul moderne argitektuur.

* Li Ning: Nog ’n nuwe belegging is in Li Ning wat ook spruit uit die bates wat Milestone aan beleggers versprei het. Li Ning is een van die voorste sporthandelsname in China.

* Twist Bioscience Corporation: Reinet het in die afgelope jaar 357 000 aandele in Twist Bioscience verkry met sy aanvanklike openbare aanbod nadat hy reeds in 2017 235 000 aandele bekom het. Twist gebruik tegnologie om sintetiese DNA te skryf. ’n Vervaardigingsproses is gepatenteer om dit vinniger te doen sodat navorsing en ontwikkeling vinniger kan plaasvind.

Nuwe beleggings

In die oorsigtyd het Reinet €250 miljoen belê.

Dit sluit in €43 miljoen in die tegnologiemaatskappy Grab Holdings van Singapoer, wat ook ’n taxidiens, kosaflewering- en betalingsdienste in Suidoos-Asië het.

Reinet het sedert sy ontstaan €2,4 miljard hierin belê.

Geen prestasiegeld

Geen voorsiening is in die boekjaar gemaak vir prestasiegelde aan die beleggingsadviseur wat deur die Rupert-familie beheer word nie omdat die voorwaardes daarvoor nie nagekom is nie. Die beleggingsadviseur het laas in 2016 prestasiegelde verdien.

Batebestuursgelde wat die beleggingsadviseur toekom, het €43 miljoen beloop (2018: €51 miljoen). – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026