Rundu verwelkom 19 Nuwejaarsbabas
Rundu verwelkom 19 Nuwejaarsbabas

Rundu verwelkom 19 Nuwejaarsbabas

Francoise Steynberg
Altesaam 19 babas – tien ­seuntjies en nege meisies – is op Nuwejaarsdag in die Rundu-staatshospitaal in die ­Kavango-Oosstreek gebore. 'n Babaseuntjie het eerste om 00:28 gearriveer, sê die geregistreerde verpleegster, me. Hertha Sikwaya. Een seuntjie en een meisie elk is met behulp van 'n keisersnee gebore en die res was natuurlike geboortes. Op die foto is me. Johanna Ndara (26), die ma van die eerste seuntjie wat op 1 Januarie 2021 in dié hospitaal gebore is. Foto Nampa

Kommentaar

Republikein 2025-12-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer