Rundu se krane weer nat
Inwoners van Rundu het weer 'n toevoer van water na hul huise. Onderskeie inwoners en besighede het pas aan Republikein bevestig dat hul watertoevoer gisternammiddag rondom 17:00 herstel is.
Dit volg nadat die dorp sedert Vrydag sonder water was omdat die dorpsraad, volgens ‘n Nampa-berig, nie die nodige kontant gehad het om genoeg watereenhede van NamWater te koop nie. Dit het daartoe gelei dat dorpsinwoners asook mense van Sauyemwa op die rivier aangewese was vir water.
Die dorp ervaar glo sedert verlede jaar wateronderbrekings van tyd-tot-tyd. NamWater het Rundu op ‘n voorafbetaalde stelsel geplaas en die konvensionele watervoorsieningstelsel verwyder sodat koste meer doeltreffend van die dorp verhaal kan word. Dit volg nadat die dorp se skuld aan NamWater glo meer as N$ 60 miljoen beloop het.
Die dorpsraad se uitvoerende hoof, Sikongo Haihambo, was vanoggend in ‘n vergadering en kon tot dusver nie vir kommentaar bereik word nie. Foto Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie