Rundu kry nog rommelterreine
Volgens Rundu se waarnemende uitvoerende hoof, mnr. Shikongo Haihambo, is die dorpsraad besig om twee bykomende stortingsterreine op die dorp tot stand te bring om die dorp se skoonheid te bevorder.
Die bestaande stortingsterrein is sowat 2 km buite Rundu, wat veroorsaak dat rommel op onwettige plekke op die dorp strooi.
Dit het daartoe gelei dat Rundu as Namibië se vullisdorp bekend staan.
Haihambo het ook gesê die dorp se snelgroeiende bevolking noodsaal meer stortingsterreine.
Die twee nuwe stortingsterreine sal langs die Cuma-pad en die Trans-Caprivi-hoofweg geleë wees.
“Die stortingsterrein sal weens die wind aan die westekant van die pad geleë wees. Ons wil nie hê die wind moet die rommel in die woongebied inwaai nie. Ons wind waai gewoonlik vanuit ’n suidwestelike rigting,” het hy gesê.
Die tweede stortingsterrein sal vir inwoners van die Ndama- en Tuhingireni-nedersetting se gebruik wees. Dit sal langs die Cuma-pad opgerig word en sal as versamelpunt dien voor rommel na die groter stortingsterrein vervoer word.
Ndama het die digste bevolking op Rundu.
Nog ’n storingsterrein word vir die Kaisosi- en Kehemu-nedersetting beplan.
“Die doel van die derde terrein is om dit nader aan die gemeenskap te bring om dit gemakliker vir hulle te maak om van hul rommel ontslae te raak.”
Volgens Haihambo is die dorpsraad tans besig om die eerste stortingsterrein skoon te maak. – Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie