Rundu in die donker
Rundu in die donker

Rundu in die donker

Henriette Lamprecht
Inwoners van Rundu is sedert 10:00 vanoggend sonder krag. Volgens NamPower se areabestuurder vir die noordelike streek, mnr. Petrus Immanuel, is dit weens tegniese probleme wat by die substasie op die dorp ervaar word. Immanuel sê tegniese personeel werk onverpoos om die oorsaak van die kragonderbreking te identifiseer en te herstel.

Kommentaar

Republikein 2025-12-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer