Rundu-chaos is Swapo se skuld, su00ea vereniging
Rundu-chaos is Swapo se skuld, su00ea vereniging

Rundu-chaos is Swapo se skuld, sê vereniging

Die Rundu Concerned Citizens Association belowe kiesers hulle sal die wanbestuur by die plaaslike owerheid opruim.
Tanja Bause
Kenya Kambowe op Rundu



Die Rundu Concerned Citizens Association (RCCA) blameer die regerende party vir die swak ­ontwikkeling op Rundu en sê Swapo regeer dié dorp dieselfde as 'n nedersetting.

Swapo het bewys hy kan nie die kwessies oplos wat die meer as 100 000 inwoners in die gesig staar nie, het mnr. Reginald Ndara, voorsitter van die RCCA, tydens 'n saamtrek op Rundu aan sy ondersteuners gesê.

“Vir die afgelope jare het die RCCA die situasie binne die ­Swapo-gedomineerde dorpsraad dopgehou en tot die slotsom gekom hulle is nie in staat om die huidige situasie op Rundu te verander nie,” het hy gesê.

“Die inwoners van Rundu het lank genoeg onder die Swapo-administrasie swaargekry. Hulle het die huidige situasie veroorsaak en die kiesers kan nie verwag dieselfde party sal nou 'n oplossing vind ná al hul jare in beheer nie,” het Ndara gesê.

“Swapo is in beheer van die leier­skap en bestuur van die Rundu-dorpsraad sedert die ontstaan van plaaslike owerhede in Namibië in 1992. Die dorp word soos 'n nedersetting bestuur en as inwoners kan ons dit nie langer duld nie.

“Dit is 'n situasie van verwarring en iemand moet iets doen om die dorpsraad te red,” sê hy.

Volgens Ndara is die RCCA gereed en voorberei om die leierskap en bestuur van die dorpsraad oor te neem.



BELOFTES

Ndara het die gemeenskap ingelig oor die RCCA se agenda, sou hulle verkies word.

Hy het gesê die RCCA sal verskeie programme implementeer, soos 'n burgemeestersfonds want gebruik sal word om rentevrye lenings aan straatverkopers te bied. Die lenings kan dan oor 36 maande terugbetaal word.

Die RCCA het belowe om ­regulasies te implementeer vir die bestuur en konstruksie van bekostigbare behuising.

“Die RCCA sal nou saam met die Shack Dwellers Federation of Namibia werk deur grond verniet aan hulle te gee sodat hul lede huise kan bou,” het Ndara gesê.

“Ons sal streef om gehalte- munisipale dienste aan die inwoners van Rundu te verskaf.

“Ons sal strategieë tot uitvoer bring om vroue en die jeug te bemagtig sodat ons die hoë werkloosheidsyfer en armoede onder dié twee groepe kan takel,” volgens hom.

Ndara het die Rundu-inwoners aangemoedig om vir die RCCA te stem om 'n beter Rundu te verseker.



DIENSLEWERING

Die dorpsraad was oor die afgelope paar jaar gedurig om die verkeerde redes in die media.

Die plaaslike owerheid was sonder ampsdraers vir die afgelope sewe maande. Die voormalige minister van plaaslike en landelike ontwikkeling, dr. Peya Mushelenga, het die raad, insluitend Ndara, weens swak bestuur en dienslewering geskors.

Die raad skuld NamWater N$100 miljoen weens inwoners wat nie hul skuld betaal nie.

Die inwoners eis onder meer die voorsiening van water, krag en strate.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-05-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer