Rukoro se vrou oorlede
Me. Meriam Rukoro, die vrou van die leier van die Ovaherero tradisionele owerheid, adv. Vekuii Rukoro, is Saterdagaand in die Rooms-Katolieke Hospitaal oorlede.
Die woordvoerder van die owerheid, mnr. Bob Kandetu, het Sondag haar dood bevestig. Die algemene sekretaris van die owerheid, prof. Mutjinde Katjiua, het gesê die oorledene het verlede week saam met haar man in die Omutukururu-nedersetting in die Okakarara-kiesafdeling gekuier toe sy siek geraak het. Sy is vir mediese behandeling na Windhoek geneem. Volgens Katjiua is sy omstreeks 23:00 oorlede. Die oorsaak van haar dood is nie bevestig nie.
Meriam laat haar man en drie kinders agter.
“Die publiek kan die roudiens by die Ovaherero-kommandosaal in Katutura bywoon, maar moenie by Rukoro se woning in Klein Windhoek opdaag nie,” het Katjiua versoek.
President Hage Geingob en sy vrou, me. Monica Geingos, was van die eerste hoëlui wat Rukoro besoek het om hul meegevoel oor te dra.
Verdediging se Shivute sterf
Die ministerie van verdediging het aangekondig sy voormalige permanente sekretaris, mnr. Petrus Shivute (60), Sondagoggend in die Rooms-Katolieke Hospitaal in Windhoek gesterf het.
Die hoof van die ministerie se afdeling vir openbare betrekkinge, mnr. Petrus Shilumbu, het Shivute se dood bevestig en gesê dit is baie hartseer om hom te verloor.
Shivute het in 1990 by die ministerie aangesluit en homself deur die range opgewerk totdat hy in 2000 as adjunk- permanente sekretaris aangestel is. Vanaf 2004 tot sy aftrede op 31 Julie vanjaar was hy die permanente sekretaris.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie