Ruimte op die speelveld
Uit verskeie oorde is die Beweging van Grondlose Mense (LMP) die afgelope tyd gekritiseer vir beweerde planne om as politieke party vir die volgende verkiesings te registreer.
‘n Waarnemer het opgemerk daar is reeds te veel partye en nog mededingers sal die politiek verder verwater.
Die DTA voer aan die LPM is voormalige Swapo-politici wat met emosionele argumente oor voorvaderlike grond nie nasionale belang dien nie. Die party het sy lede afgeraai om LPM-byeenkomste by te woon en is eweneens besorgd oor die verdere fragmentering van die opposisie.
Die treurige stand van opposisiepolitiek in Namibië is die gevolg van ‘n hardnekkige geskiedenis van interne geskille, die onvermoë om saam te werk, ‘n gebrek aan kragdadige alternatiewe en politiek-van-reaksie eerder as leiding en vernuwing.
Volgens die leier van die LPM, mnr. Bernadus Swartbooi, lyk dit na benoude spronge as ander reeds voortydig ‘n “ongebore baba” toetakel. Die LPM moet volgens Swartbooi nog oor sy toekoms besluit.
Dit is nie onmoontlik dat die beweging nuwe lewe in opposisiepolitiek kan blaas nie. Politiek behels immers die “kuns van die moontlike”. Niks verbied voorts ‘n party om sy mandaat om net een, of enkele gekose konsepte te sentreer nie.
Die gevaar is om in eng, etniese en streekgebaseerde politiek te verval. Só ‘n benadering is onvolhoubaar – soos reeds deur talle plaaslike voorbeelde bewys.
Baie water moet nog voor 2019 in die see loop. Die crux is dat die totale opposisiepolitiek in landsbelang moet verbeter.
So sê ander
16 Oktober 2017
Beeld, Die Burger en Volksblad sê
Dit is ’n groot terugslag vir die Afrikaanse uitvoerende kunste en uitsaaiwese dat die hoogs innoverende en bekroonde RSG Kunstefees in die slag moes bly.
Dit sou vir die vyfde keer aangebied word.
Die ekonomie het tans ’n groot impak op die uitvoerende kunste, ook elders. Dit is egter bekend dat die uitsaaikorporasie se geldknyp nie net aan die ekonomie toegeskryf kan word nie. Dit is in ’n groot mate ook die gevolg van die vlaag van wanbestuur, korrupsie, skouspelagtige geldmorsery en selfverryking wat die SAUK onder die skrikbewind van Hlaudi Motsoeneng getref het.
Nou benadeel dit die kunste, wat benewens die vermaaklikheid daarvan ook juis die denke oor die samelewing moet uitdaag en verruim.
Hopelik sal daar so gou moontlik uitsluitsel kom oor wanneer die regte besluit oor die korporasie se toekomstige bestuur uiteindelik geneem gaan word.
• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie