Rugbyspeler sterf jonk
Andrew Poolman
Andrew Poolman – Die nuus van die jong Jay-C Olivier se afsterwe is met hartseer, skok en ongeloof deur die Namibiese rugbygemeenskap ontvang.
Olivier (22) is gisteroggend dood by sy ouerhuis aangetref. Geen vuilspel word vermoed nie.
Ondanks sy skraal postuur het Olivier as skrumskakel die afgelope seisoene groot belofte getoon. In sy matriekjaar 2016 het hy die Namibiese span na die o.18 Cravenweek gehaal, terwyl hy Windhoek Afrikaanse Privaatskool se eerste span ook gehelp het om vir die eerste keer tot die eindstryd van die Momentum o.19 Superliga deur te dring.
Vir die volgende jaar het hy 'n junior kontrak by die Blou Bulle losgeslaan en is ook as lid van die Namibiese o.20-toerspan na Roemenië ingesluit.
Verlede jaar het hy na Windhoek teruggekeer en hom by die Universiteit van Namibië (Unam) aangesluit waar sy pa Connie en ooms Greg en Richard ook as oudspelers en bestuurslede spore getrap het.
Ondanks beperkte speelkans in die eerste span het hy genoegsaam indruk gemaak om genooi te word om in die groter voorlopige nasionale oefengroep vir die 2019 Wêreldbeker te oefen. Hy het ook drie verskynings in die provinsiale SuperSport-uitdaagreeks gemaak.
Die ongeluk het egter toegeslaan toe hy juis by 'n naelloopoefening in die Hage Geingob-stadion in 'n gat getrap en sy enkel gebreek het.
Mnr. Ryno Visagie, spanbestuurder van Unam, sê Olivier was die nederigste speler en spanmaat waarvoor enige afrigter of span kon wens.
“Hy was altyd sonder stres en met 'n glimlag op sy gesig en niemand kon vir hom kwaad wees nie. Ondanks sy jeugdigheid het selfs ouer spanmaats na hom opgekyk omdat hy so 'n aanmoedigende persoonlikheid gehandhaaf het.
“Ek het hom vroeg vanjaar gebel om aan Unam se oefeninge te herinner. Hy het toe gesê hy wil die hele jaar af neem, omdat hy benewens die enkel ook beserings aan sy knie en sleutelbeen opgedoen het. Sy plan was om vanjaar te herstel en kondisionering te doen met die doel om vir 'n plek in die 2023 Wêreldbekerspan mee te ding.” - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie