Rugby op koers vir Wêreldbeker
Namibië klop Uganda in Kampala met 48-24 en win nog 'n bonuspunt in in Afrika se uitkloprondes vir rugby se 2018 Wêreldbeker.
Die halftydtelling was 22-10 in Namibië se guns.
Met sy swaar pak het Namibië die skrums oorheers. In 'n aksiebelaaide wedstryd het Uganda egter ook goed teruggeslaan met 'n gevaarlike agterlyn wat goed aansluiting by hul voorspelers gevind het.
Volgehoue druk en balbesit het saam met goeie lynbreke vir Namibië die eerste helfte verseël. Wanneer die bal lug gegee is, was daar moeilikheid vir Uganda.
In die tweede helfte was Namibië dikwels op verdediging en het talle skoppe gemis, maar twee ekstra drieë in die doodsnikke het die oorwinning beklink.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie