Rugby-eindstryde opnuut uitgestel
Rugby-eindstryde opnuut uitgestel

Rugby-eindstryde opnuut uitgestel

Rugby
Andrew Poolman
PAS IN: Die Namibië Rugby-unie het bevestig dat die eindstryde van die premierliga en die reserweliga nie môre (30 Oktober) sal plaasvind nie.
In afwagting op die bevinding van die dissiplinêre verhoor ná klagte van die beweerde gebruik van onkiesbare spelers gedurende die semifinaal twee naweke gelede (en hangende ’n moontlike appèlproses), sal die vroegste wat die eindstryde afgehandel sal kan word, op die naweek van 6 November wees.
Die dissiplinêre komitee en verteenwoordigers van die betrokke klubs het gisteraand die eerste keer vergader en is tot vandag om 13:00 verdaag.

Kommentaar

Republikein 2025-05-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer