Rugby by SA skole nie gou weer op dreef
Rugby
Daar is ’n sterk moontlikheid dat daar geen skolerugby tot minstens einde Junie gespeel gaan word nie.
Die tweede vlaag van die Covid-19-pandemie gaan nóg groter ontwrigting aan die rugbyseisoen aanrig, berig Rapport.
SA Rugby sal straks dié week aankondig dat alle amateurrugby tot Junie gestaak word.
Die webblad School of Rugby berig só ’n besluit sal weer ’n reuse-terugslag veral vir die o.18-spanne wees.
Skolespelers in graad 12 kon verlede jaar glad nie hul staal op die veld wys nie.
Die laaste skolewedstryd is op 14 Maart beslis en daarna het alle toernooie, jeugweke en feeste in die slag gebly.
Sou Covid-19 nié onder beheer gebring kan word nie, sal nóg o.18-spelers nie hul talente ten toon kan stel om moontlike kontrakte los te speel nie.
• Die SA Beker-reeks – die nuwe kompetisie wat die SuperSport-uitdaagreeks vervang en wat as kwalifiserende toernooi vir die Curriebeker gebruik sal word – is ook in die gedrang, berig Rapport.
Die kansellering van die SA Beker-reeks kan ’n groot terugslag wees vir die kleiner unies, veral omdat baie van hulle tans net kop bo water hou, en reeds sukkel sonder enige rugby vir die afgelope nege maande.
Rapport verneem een van die grootste redes vir die afskaffing van die toernooi is die koste om behoorlike Covid-19-toetsing te doen.
Terwyl die franchise-spanne dit kan bekostig, kan die kleiner unies nie gereelde toetsing bekostig nie.
Die SA Beker-kompetisie sou bepaal watter drie spanne in 2022 saam met die vier franchises en die Cheetahs in die Curriebeker-Premierliga speel.
Nou is daar blykbaar baie steun dat die OP-Kings saam met die Griekwas en Pumas die agttal moet opmaak.
Amateurs wat klubrugby speel, sal ook naweke droëbek tuis moet deurbring.
– Netwerk24
FOTO
Kade Wolhuter was die losskakel toe die Streeptruie in 2019 die Cravenweek-toernooi gewen het. Geen jeugweke het verlede jaar plaasgevind nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie