RTA: Hier's die finaliste!
            
                                                            Finaliste vir die Verantwoordelike Toerisme-toekennings (RTA) in die afdeling vir akkommodasie en toeroperateurs is vanoggend bekend gemaak. Hulle is Inke Stoldt van Gondwana Kalahari Anib Lodge, Clement Lawrence van Wilderness Safaris se Desert Rhino Camp, Guido Roeschlau van Sense of Africa (Tourvest), Andre Swart van Wild Dog Safaris, Lara Potma van Pack Safari en Shavonne Burger van Wolwedans Collection se Dune Camp. Wenners sal op 5 Junie by die opening van die jaarlikse Namibië Toerisme Ekspo (NTE) aangekondig word. Foto Tanja Bause
                                    
            
        

                
                        
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie