Rössmund-titel bly agter Wilna se naam
Vrouegholf
Die Rössmund Vroue Ope gholfkampioenskap is laas naweek by dié klub buite Swakomund aangebied en is vir die derde opeenvolgende jaar deur die Swakopmund Plaza Hotel as ’n lid van die Swakopmund Collection Group geborg.
’n Veld van 19 spelers van Omeya, Windhoek Buiteklub, Walvisbaai, Hentiesbaai en Rössmund het ingeskryf, omdat die toernooi die status as een van die Namibiese Amateur Vrouegholfunie (Nalgu) se jaarlikse geleenthede vir punte op die nasionale merietelys het.
Die baan was in ’n goeie toestand en die weer het ook mooi saamgespeel toe spel Saterdagoggend agtuur begin het. Die gunstige omstandighede is in die goeie tellings weerspieël.
Laasjaar se kampioen Wilna Bredenhann was ná die eerste dag reeds op koers met ’n bruto telling van 82 houe, drie voor haar naaste teenstander Wilma van der Merwe. In die stableford-afdeling het Tiekie de Wet die pas aangegee met 37 punte.
Die “ou Lister-enjin”, soos Bredenhann soms spottenderwys na haarself verwys, was teen Sondagoggend behoorlik opgewarm en het met ’n bruto telling van 79 houe met ’n voorsprong van ses houe afgesluit.
Die Rössmund-klub is trots en bevoorreg dat sy borge altyd uit hul pad gaan om iets spesiaal vir die vrouespelers te bied. Mnr. Johan Kok, hoofbestuurder van Plaza Hotel, het geskerts dat hy net daar is mooi te lyk. Hy het bevestig dat hulle sal voortgaan om die Rössmund Ope te ondersteun.
Nalgu se president Adri Pienaar het die borg bedank vir ’n puik toernooi en vir hul volgehoue borgskap, asook die Rössmund-klub se span helpers vir hul harde werk agter die skerms.
Die uitslae:
Algehele wenner (Ope kampioen): Wilna Bredenhann 161 bruto.
A-afdeling beste bruto: Wilma van der Merwe 167; Beste netto: Brenda Lens 154.
B-afdeling beste bruto: Lydia Lumley 204; Best netto: Estelle Bothma 173.
Stableford-afdeling: 1. Tiekie de Wet 72 punte; 2. Marika Neethling 69 punte; 3. Evelyn Paulino 66 punte.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie