Rössing, vakbond stamp kop
Die Mynwerkersunie van Namibië beskuldig die uraanreus van onwettige indiensnemings.
Denver Kisting
Rössing Uranium Limited (RUL) toon na bewering geen ontsag vir Namibiese wette nie.
Onder meer is sekere Chinese burgers bedrieglik in senior poste by dié uraanreus, voer mnr. Richard Metcalfe, 'n plaaslike prokureur, namens die Mynwerkersvakbond van Namibië (MUN) aan in 'n brief aan RUL se besturende direkteur, mnr. Johan Coetzee.
Minstens een van die aanstellings is strydig met 'n werkspermit wat die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit toegestaan het “wat jul maatskappy uitbeeld as oneerlik en korrup ten koste van Namibiese werknemers”.
Dit gaan die vakbond se verstand te bowe hoe die maatskappy verwag om “'n deeglike werknemer-werkgewer-verhouding” onder dié beweerde omstandighede te vestig, lui Metcalfe se brief.
Sou die maatskappy nie onmiddellik van die “onwettige werknemers” ontslae raak nie, staar regstappe hulle in die gesig, dreig die prokureur.
Sou dit waar wees dat RUL eensydig hul ooreenkoms met die MUN wil wysig – een van die ander beweringe teen die maatskappy – is dit onaanvaarbaar.
So sê mnr. Tom Alweendo, die minister van mybou en energie, oor die voortslepende geskil tussen dié uraanreus en die MUN.
Maar, sê Alweendo, dit is 'n arbeidskwessie en nie een vir sy ministerie om te hanteer nie.
Volgens mnr. Bro-Mathew Shinguadja, die uitvoerende direkteur van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping, wag hy nog op 'n volledige prentjie oor wat presies aangaan.
Mnr. Veston Malango, die uitvoerende hoof van die Kamer van Mynwese in Namibië, sê hy het geen kommentaar oor die aangeleentheid nie.
Hy hoop die partye slaag daarin om die kwessie vriendskaplik te besleg. “Ek het geen insae nie.”
Coetzee het bevestig hulle het Metcalfe se brief ontvang waarin “ongegronde en onbevestigde bewerings” vervat is.
Volgens hom beskou hulle dié aantygings baie ernstig en sal dit aanspreek onder die bestaande interne prosesse en die bestaande ooreenkoms tussen hulle en die vakbond.
Coetzee sê die bestaande ooreenkoms geld reeds sedert 1988.
Van die 1 000 permanente werknemers by die myn is 98,7% Namibiërs, sê hy.
Hiernaas word hul werknemers salarisse en voordele betaal wat meer is as wat die mark vereis én hulle het onlangs ná onderhandelinge met die vakbond salarisverhogings gekry wat hoër is as die inflasiekoers, sê Coetzee.
Hy sê hulle erken die reg van die vakbond om namens werknemers te beding, maar is gekant teen openbare uitlatings wat ten doel het om te mislei, kwaad te stook en die maatskappy se naam skade te berokken.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie