RSA-toerspan neem voortou met 1-0
Krieket
Andrew Poolman – Krieket Suid-Afrika se ontluikende span het ’n welverdiende oorwinning met vyf paaltjies behaal om die voorsprong met 1-0 in die reeks van drie T20-wedstryde teen die Namibiese Eagles by Wanderers-veld te neem.
Die tuisspan se totaal van 167/5 het uiteindelik dalk met sowat 15 of 20 lopies te kort geskiet om die knoop in ’n deurgaans kompeterende wedstryd deur te haak.
Dit sal interessant wees om te sien watter aanpassings die twee spanne in die twee oorblywende wedstryde van die Castle Lite T20-reeks maak, wat Saterdag en Sondag gespeel word.
Die Suid-Afrikaners se skerpheid ná ’n volle seisoen en die ondervinding van sy middelordekolwers om die knoop deur te haak, was deurslaggewend in die laaste paar boulbeurte van hul lopiejaagtog.
Aan die Namibiese kant het JJ Smit sy eerste linkerarm-naatboulwerk in meer as ’n jaar gelewer, ná sy herstel van ’n knie-operasie. In sy tweede boulbeurt het hy vir Wandile Makwetu 20 van 22 balle) agter die paaltjies deur Zane Green laat uitvang.
Sy spanmaats het dié deurbraak ewe geesdriftig met hom gevier, as ’n mylpaal van die veelsydige Smit se gereedheid om sy beste spelpeil in die opbou na die T20 Wêreldbeker in Indië later vanjaar te bereik.
Smit het met 1/28 in 3 boulbeurte geëindig. Die beste Namibiese boulers vir die dag was egter Ruben Trumpelmann (2/22 in 3 bb) en die draaibouler Bernard Scholtz (0/21 in 4 bb), met laasgenoemde wat net 5.25 per boulbeurt afgestaan het.
Die kolfkrag van Jason Smith (48 nie uit nie van 26 balle, 2x4 3x6) en Delano Potgieter (26* van tien balle, 2x4 2x6) in ’n onoorwonne 67-vennootskap het egter die Suid-Afrikaanse afrondingstaak maklik laat lyk.
Die ganse 20ste boulbeurt is ongebruik gelaat toe Smith in die 19de boulbeurt ingeklim het om sake met twee sesse en twee viere te beëindig van die boulwerk van Tangeni Lungameni, wat tussenin bonop ’n wydloper afgestuur het.
Die Namibiese Eagles het vroeër hul twintig boulbeurte op 167/5 afgesluit, gebou rondom ’n vyftigtal deur Craig Williams (56 van 54 balle, met vyf viere en twee sesse), skaflike bydraes deur Zane Green (18 van 10 balle) en JP Kotzé (20 van 16 balle) en ’n versnelling deur Nicol Loftie-Eaton (37 nie uit nie van 20 balle), wat drie sesse en twee viere geslaan het.
Williams en Kotzé is beide uitgehardloop.
Potgieter was as bouler ewe ekonomies as Tshepo Ntuli, met hul identiese boulsyfers van 0/15 in drie boulbeurte.
FOTO’s: Batch Loftie-Eaton

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie