RSA-spelers oorheers ITF-toernooi
RSA-spelers oorheers ITF-toernooi

RSA-spelers oorheers ITF-toernooi

Tennis
Andrew Poolman
Georgina Moolman was die enigste Namibiër wat die kwarteindronde van die Internasionale Tennisfederasie se junior toernooi vir Suidelike en Sentraal-Afrika kon haal, waar sy egter gister uitgeskakel is.

Die ongekeurde Moolman het Woensdag by die Sentraal tennisbaan in Windhoek die tweede gekeurde Suid-Afrikaner Megan Lombardi met 6-3, 7-6 verras. Gister het die Namibiër se aanslag egter teen nog 'n RSA-speler, Delien Kleinhans, ten einde geloop (6-2, 6-1).

In die meisies enkelspel kom Kleinhans vandag in die semifinaal teen haar landgenoot Marné Dercksen (sewende gekeur). Myah Petchey (RSA, derde gekeur) kom teen Aisha Niyonkuru van Burundi vir die ander plek in die eindstryd te staan.

Aan die seunskant word vandag se twee semifinale uitsluitlik deur Suid-Afrikaners betwis: Philip Henning (eerste gekeur) tn Joubert Klopper (nr. 11); Matthew Johnson (2de) teen Pierre Malan (8ste).

Kommentaar

Republikein 2026-09-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer