RSA-sege gee Burger selfvertroue
Triathlon
Andrew Poolman - Jean-Paul Burger het sy gereedheid vir die komende Statebondspele gewys toe hy die afgelope naweek die Suid-Afrikaanse triathlonkampioenskap in Bloemfontein gewen het.
Burger, wat vanweë sy studies op Stellenbosch bykans voltyds in die buurland woon en meeding, het die resies by die Maselspoortdam op oorheersende wyse gewen.
Die kampioenskap is oor die Olimpiese afstande van 1.5 km swem, 40 km fietsry en 10 km hardloop beslis.
Die 21-jarige Namibiër het met 'n stewige swemskof van sowat 20 minute begin en was twee minute agter die voorloper Nicholas Quenet, maar sy krag op die fiets en in die hardloopskof het die deurslag gegee.
Burger se wentyd van een uur 57 minute 02 sekondes was gerieflik voor die nuut gekroonde Suid-Afrikaanse geslote kampioen Matthew Greer (2:02:43) en Dylan Nortjé (2:03:25) wat die derde plek op die podium gevul het.
“Dit was baie goed vir my om die ATU-beker te wen. Ek het al voorheen 'n paar keer die podium gehaal, maar dié was my eerste oorwinning, so dis beslis 'n stap in die regte rigting.
“My verdere doelwitte is om die beste moontlike posisie te behaal by die Statebondspele in April en dan op 11 Mei wanneer die 2020 Olimpiese siklus begin, wil ek soveel punte as moontlik versamel – veral vroeg in die kwalifiserende periode.”
Burger is bestem om op 5 April by die Statebondspele in Australië se Gold Coast vir die triathlon aan te tree. Vanweë eksamenverpligtinge op 28 Maart sal hy die volgende dag na Australië vertrek en daar by sy Namibiese spanmaats aansluit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie