RRK in knyp oor Kudus-reis
Klubrugby
Reeds voor die tweede naweek van die Namibië Rugby-unie se premierliga kan die koste van wegwedstryde dalk te veel vir sommige van die klubs sonder borge raak.
Rehoboth Rugbyklub (RRK) se sekretaris, mnr. Marschell Diergaardt, sê hulle weet nie of hulle komende naweek se ligaverpligting sal kan nakom nie.
“Die Rooi Bulle moet Saterdag teen Kudus op Walvisbaai gaan speel, maar finansieel is dit vir ons onmoontlik. Die koste is meer as N$20 000 en ons sal dit nie maak nie. Ons het nie 'n borg nie en is afhanklik van hekgelde tydens tuiswedstryde en ons eerste tuiswedstryd is eers op 7 April.
“As die NRU ons nie help nie, sal ons nie ons verpligting in Walvisbaai kan nakom nie.”
Die afgelope seisoene gaan dit maar broekskeur met klubs buite die hoofstad. Die Namibië Rugby-unie is ook selde in staat om uitkoms te gee, omdat die bystand wat hy van Wêreldrugby ontvang uitsluitlik vir nasionale spanne en verwante uitgawes bedoel is. Rehoboth het laas naweek afgeskop deur sy plaaslike derby teen Reho Falcon met 20-18 te wen. Falcon het twee naweke tevore ook bystand van FNB Western Suburbs nodig gehad in hul vriendskaplike opwarmingswedstryde by Suburbspark in Khomasdal.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie