RP gaan nie met Itula saamwerk
RP gaan nie met Itula saamwerk

RP gaan nie met Itula saamwerk

Denver Kisting


Denver Kisting – Die president van die Republican Party (RP), mnr. Henk Mudge (foto), het vanoggend op ’n nuuskonferensie in die hoofstad gesê sy party sal nie kragte saamsnoer met die Independent Patriots for Change (IPC) nie.

Die IPC, ’n nuwelingparty, staan onder leiding van die eertydse Swapo-lid en onafhanklike presidensiële kandidaat, dr. Panduleni Itula.

Volgens Mudge is die RP nie daarvoor te vinde dat, om saam te mag werk met die IPC, stemgeregtigde kiesers uit hul politieke partye moet bedank nie.

Namibiërs gaan op 25 November vanjaar stembus toe om aan die plaaslike owerheids- en streekraadverkiesings deel te neem.

Mudge het voorts gesê me. Brunhilde Cornelius, tot onlangs die sekretaris-generaal van die Rally for Democracy and Progress (RDP), het by die RP aangesluit en sal meeding as raadslid vir die Windhoek-Oos-kiesafdeling.

Cornelius was ook as RDP-lid ’n lid van die Windhoekse stadsraad.

Kommentaar

Republikein 2025-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer