Rowers martel man vir geld
’n Jongman sonder ’n bestuurslisensie het op Outjo ’n voertuig laat omslaan. Een van sy ses passasiers is dood.
’n Sakeman (34) is na bewering Vrydagoggend tydens ’n rooftog in sy huis in Okandjengedi-nedersetting op Oshakati met ’n pistool gedreig en met ’n besemstok aangerand.
Volgens die polisieverslag het die man en sy meisie geslaap toe drie gewapende mans by die huis ingebreek het.
“Een van die misdadigers het ’n pistool op die man gerig en geld geëis. Die ander twee misdadigers het die man se arms vasgedruk, terwyl die man met ’n besemstok en ook verskeie kere met die vuis geslaan is,” lui die verslag.
Die misdadigers het glo met ’n motor, selfoon en N$22 000 kontant weggekom. Volgens die verslag is alle gesteelde goedere reeds teruggevind en ’n 27-jarige man is in hegtenis geneem.
ROOFTOG IN KLEIN WINDHOEK
’n Huis in Jan Jonkerstraat, Klein Windhoek, is glo Sondag omstreeks 03:30 deur drie mans beroof. Volgens die verslag is die 40-jarige man in sy huis vasgebind en met ’n skerp voorwerp gedreig.
Die man het glo ligte beserings opgedoen en die misdadigers het na bewering een skootrekenaar en ’n selfoon gesteel.
Volgens die verslag is niemand nog in hegtenis geneem nie en duur die ondersoek voort.
DUIMGOOIERS STEEL MOTOR
’n Man het glo Vrydag omstreeks 05:00 twee mans opgelaai wat ’n rygeleentheid na Zola in die Ongwedivastreek gesoek het. Toe hulle by die Zola-taxistaanplek kom, het die twee passasiers na bewering die man se motor gesteel.
Volgens die verslag het die polisie die gesteelde motor opgespoor, maar die wiele, radio en battery was gesteel. Twee verdagtes, 26 en 36 jaar oud, is later in hegtenis geneem.
GRONDPAD EIS LEWE
Op die C16-grondpad tussen Aroab en Keetmanshoop, sowat 15 km van Aroab, het ’n 64-jarige bestuurder glo beheer oor die motor verloor en dit het omgeslaan.
Volgens die verslag is een van die drie passasiers, 53-jarige mnr. Johannes Riekert, in die ongeluk oorlede.
“Die drywer en ander passasiers het ligte beserings opgedoen en was na Keetmanshoopshospitaal geneem,” lui die verslag.
TREF-EN-TRAP
’n Zimbabwiese burger het glo Saterdag omstreeks 02:50 om ’n draai in die Kakonga-nedersetting op Katima Mulilo in ’n beweerde tref-en-trap ongeluk omgekom.
“Die drywer is nog nie opgespoor nie en die polisieondersoek gaan voort,” stel die verslag.
• ’n 21-jarige man sonder ’n bestuurslisensie het glo Saterdagaand op ’n sokkerveld in Etoshapoort op Outjo gejaag, toe hy die voertuig met ses passasiers omgegooi het. Volgens die verslag is een van die passasiers, mnr. Erick Hoaeb, met sy aankoms by die hospitaal oorlede.
Die drywer is in hegtenis geneem en het gister Maandag in die hof verskyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie