Roudiens vir Nghidinwa gehou
Tanja Bause
Oudminister Rosalia Nghidinwa se roudiens is gister in die parlementtuine van Windhoek gehou. Nog 'n roudiens sal Vrydag om 12:00 op die Nkurenkuru-ekspovelde gehou word. Die begrafnis sal van 06:00 Saterdag af by die ELCIN-begraafplaas op Nkurenkuru gehou word.
Nghidinwa is op 14 Januarie in die Rooms-Katolieke Hospitaal i nWindhoek oorlede nadat sy eers in die Noorde gehospitaliseer was. Sy was tussen 2000 en 2005 adjunkminister van arbeid en maatskaplike dienste, en van 2005 tot 2012 minister van binnelandse sake. In Desember 2012 is sy as minister van geslagsgelykheid en kinderwelsyn aangestel, 'n pos wat sy tot haar aftrede in 2015 beklee het. Nghidinwa was getroud met mnr. Sam Nghidinwa wat in 2009 oorlede is. Die egpaar laat vier seuns en twee dogters agter.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie