Roudiens vir kanselier Kohl
'n Roudiens is gister in die Hedwig-katedraal in Berlyn in Duitsland vir die ontslape voormalige Duitse kanselier Helmut Kohl gehou. Lede van die Duitse regering en parlement het hul laaste eer aan Kohl betoon. Duitse kanselier Angela Merkel was ook by die roudiens teenwoordig. Kohl het op 16 Junie in die ouderdom van 87 gesterf. Foto Nampa/Reuters
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie