Rory doen sy reputasie in SA Ope gestand
Gholf
Marizanne Kok
Dís hoekom Suid-Afrika so opgewonde oor Rory McIlroy se teenwoordigheid was!
Die Noord-Ierse superster het die hordes wat gisteroggend deur die hekke van die Glendower-gholfklub in Edenvale gestroom het om hom in die eerste ronde van die Suid-Afrikaanse Ope in aksie te sien, ryklik beloon toe hy sy eerste 18 putjies in net 67 houe (vyf minder as baansyfer) voltooi het.
McIlroy was ná die oggendsessie in die gesamentlike tweede plek, saam met die gebore Johannesburger Thomas Aiken en Bloemfonteiner Dean Burmester.
Die man boaan die voorlopersbord is Trevor Fisher jnr., wat in die omgewing woon en die Glendower-baan soos die palm van sy hand ken. Hy het al sewe die voëltjies in sy rondte van 66 (-6) oor sy eerste tien putjies aangeteken.
Maar Fisher jnr. se kollig is – nie onverwags nie – totaal en al gesteel deur McIlroy, wat vir die eerste keer in sewe jaar in Suid-Afrika is en presies die hoë gehalte gholf opgedis het wat vooraf van hom verwag is.
• Waar McIlroy met ’n breë glimlag van die baan gestap het, het sy speelmaat Brandon Stone – die verdedigende kampioen – met ’n kop vol vrae na die oefenbof gestorm.
Die 23-jarige Pretorianer moes tevrede wees met ’n rondte van 74 (+2), wat vier brouhoue ingesluit het.
Ook die toernooi-gasheer, Ernie Els, het 74 houe gespeel, met sy setyster weer ’n paar keer halstarrig.
OUD-PROTEA SPEEL IN SA OPE
Die voormalige Proteas-krieketspeler Johan van der Wath het homself Dinsdag met sy 39ste verjaardag ’n geskenk gegee wat geld nie kan koop nie, skryf Johann De Jager.
Hy het op die Irene-gholfbaan gekwalifiseer vir die Suid-Afrikaanse Ope wat gister op die Glendower-baan begin het en gaan nou ook met grotes van die gholfwêreld skouers skuur.
Die veelsydige krieketspeler, een van die 438-helde in die roemryke oorwinning oor die Aussies toe hy 35 lopies van 18 balle geslaan het, het hom ná sy speeldae op gholf toegespits in ’n poging om ’n spelerskaart vir die Sonskynreeks te kry.
Van der Wath se telling in die eerste ronde was 73.
• Die enigste Namibiër in die toernooi, die 57-jarige Trevor Dodds, het sy eerste ronde ook op ’n swakkerige 77 (vyf oor syfer) afgesluit. Dodds het die Suid-Afrikaanse Ope in 1990 gewen in die era voordat dit op die Europese reeks ingesluit is. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie