Rook bedreig ontwikkeling
Namibië was een van verskeie lande wêreldwyd wat verlede week op Geen Tabakdag gefokus het op die gevolge van tabakgebruik.
Henriette Lamprecht
Stappe om die gebruik van tabak stop te sit, sal help om te verhoed dat miljoene mense aan tabakverwante siektes sterf.
Dit sal ook armoede bekamp en die grootskaalse agteruitgang van die omgewing verminder.
Namibië was een van verskeie lande wêreldwyd wat Donderdag op Geen Tabakdag gefokus het op die gevolge van tabakgebruik vir Namibiërs.
Longkanker is een van die kankertipes in Namibië en wêreldwyd met die hoogste sterftesyfer onder mans én vroue.
Die grootste oorsaak hiervan is tabakgebruik, wat sigarette, sigare en pype, sowel as tweedehandse rook insluit.
Benewens longkanker word ander ernstige gesondheidsrisiko's met rook verbind.
Dit sluit skade aan jou hart en bloedsirkulasie in, wat die risiko vergroot vir die ontwikkeling van toestande soos koronêre hartsiektes, beroertes, hartaanvalle en die beskadiging van are wat bloed na die brein vervoer.
Hoë cholestrol, angs, swak sig en selfs herhaaldelike verkoues en griep word ook met die gebruik van tabak en nikotien verbind.
Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) het in die lig hiervan 'n beroep op regerings gedoen om streng maatreëls vir tabakbeheer in te stel.
Dit sluit 'n verbod op die bemarking en advertering van tabak in, asook die verhoging van invoerbelasting en die instel van meer rookvrye sones.
Tabakverbruik lei jaarliks tot die dood van meer as sewe miljoen mense en jaag huishoudings en regerings meer as US$1,4 triljoen uit die sak danksy gesondheidsuitgawes en 'n verlies aan produktiwiteit.
“Tabak bedreig ons almal,” sê die WHO se direkteur-generaal, dr. Margaret Chan.
“Tabak verhoog armoede, verminder ekonomiese produktiwiteit, dra by tot swak koskeuses vir huishoudings en besoedel binnenshuise lug.”
Chan sê deur streng beheermaatreëls in te stel, kan regerings die toekoms van hul burgers verbeter deur tabakgebruikers én niegebruikers teen dié dodelike produkte te beskerm.
Sowat 860 miljoen volwasse rokers woon in lae- en middelinkomstelande. Verskeie studies het gewys in die armste huishoudings verteenwoordig tabakgebruik meer as 10% van die huishouding se totale uitgawes.
Dit beteken minder geld is vir kos, onderrig en gesondheidsorg beskikbaar.
Tabak dra ook 16% by tot alle sterftes weens nie-oordraagbare siektes.
Uit die meer prominente kankertipes wat aangeteken word, het 15% van pasiënte erken hulle rook.
In manlike en vroulike gevalle van borskanker het 25% van pasiënte erken hulle is rokers, en 39% van longkankerpasiënte het erken hulle beoefen dié dodelike gewoonte.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie