Rooikruis help immigrante
Tanja Bause
Die Namibiese Rooikruisvereniging (NRCS) gaan toetree om die Angolese immigrantgemeenskappe in die Kunene- en Omusatistreek te ondersteun.
“Ons gaan 17 handwasstasies, 424 maskers, 17 x 25 liter handreiniger en 20 620 watersuiweringstablette vir die 2 857 mense in die twee streke uitdeel. Die items word uitgedeel ter bewusmaking en as voorsorgmaatreëls teen Covid-19 en hepatitis E,” het me. Glynis Harrison, sekretaris-generaal van NRCS, gesê.
Die Rooikruisvereniging deel nie net die items uit nie, maar het ook 20 vrywilligers in die twee streke wat mense oplei in Covid-19 en wat help met die registrasie van die mense sodat beter in hul humanitêre behoeftes voldoen kan word.
Die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit sal die items na die streke vervoer.
“NRCS het ’n nasionale rampkoördineerder na die streke gestuur om te kyk wat benodig word bo en behalwe die ondersteuningsvoorrade waarvoor reeds voorsiening gemaak word.”
Weens die voortdurende droogte en swak reënseisoen in 2020-’19, ondervind Angolese wat in die grensprovinsies Cunene en Huila woon ’n tekort aan kos en water en wanvoeding is wyd verspreid in die gemeenskappe. Sedert Maart het van dié mense na Namibië beweeg op soek na kos, water, mediese hulp en werksgeleenthede.
In die Omusatistreek word die immigrante in Etunda op ’n aangewese plek gehuisves. In die Kunenestreek word hulle in drie verskillende plekke in Opuwo gehuisves. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie