Rooies Mostert in eiendomsgeskil
Rooies Mostert in eiendomsgeskil

Rooies Mostert in eiendomsgeskil

’n Bekende Namibiër bevind hom midde-in ’n gronddebakel.
Denver Kisting
Denver Kisting – Mnr. Walter (Rooies) Mostert, ’n oudlanddros, staar strafregtelike klagte in die gesig weens ’n eiendomstransaksie wat skeefgeloop het.

Luidens dokumente in Republikein se besit het Mostert en mnr. Hendrik (Hennie) Schreuder se paaie in 2015 gekruis.

In Julie daardie jaar het Mostert glo vir Schreuder genader met ’n sakevoorlegging waarvolgens ’n stuk grond by Gobabis in klein sake-eenhede ontwikkel sou word. “Hy wou weet of ek belangstel om in dié besigheid te belê.”

Aangesien Schreuder in daardie stadium sy huis in Hochland Park in Windhoek verkoop het, het hy gereken dit sou ’n goeie idee wees om met van daardie geld by die eiendomsontwikkelingsonderneming op Gobabis betrokke te raak.

Die grond waarop die eenhede opgerig sou word, beslaan 3,6575 hektaar.

Schreuder en Mostert het toe ooreengekom dat Schreuder N$1,5 miljoen sou stort in wat ’n beslote korporasie (BK) tussen die twee mans sou word.

’n Prokureursbrief geskryf deur mnr. Francois Erasmus dui aan dié bedrag is op 22 September 2015 betaal – N$355 753 deur middel van ’n ander prokureursfirma en die oorblywende N$1,1m regstreeks in Mostert se bankrekening.

Mostert het vandeesweek uit Suid-Afrika erken hy het die geld ontvang. Maar, sê hy, Schreuder het sy deel van die belegging kragtens die rouwkoopbeginsel (sien kassie) verbeur.

Dít, voer hy aan, is omdat Schreuder nie betyds die eiendom laat registreer het nie.

Schreuder, aan die ander kant, lê die registrasie voor Mostert se deur en sê by monde van Erasmus in ’n brief op 19 Februarie vanjaar: “Ondanks die betaling van die volle koopsom deur ons kliënt, is die oordrag van die eiendom nie gedoen nie.”

Hoofinspekteur Kauna Shikwambi, ’n polisiewoordvoerder, sê Mostert word nie in dié stadium as ’n voortvlugtende beskou nie hoewel die polisie weet hy bevind hom tans in die buurland.

Sy het by navraag voorts gesê: “Ja, die saak is aanhangig gemaak: Bedrog en as alternatief diefstal onder valse voorwendsels.”

Volgens haar word die saak deur die handelsmisdaadafdeling van die polisie ondersoek.

Mostert het die afgelope week ontken dat hy op die vlug geslaan het. Volgens hom hoop hy om aanstaande maand weer in Namibië te wees.

Hy het ook gesê hy verwag oor ses weke geld waarna hy vir Schreuder sal terugbetaal.

Op ’n vraag oor hoekom hy geld wil terugbetaal wat volgens hom verbeur is, sê Mostert: “Omdat ek menslik is. Ek gaan nie dat hy alles verloor nie.”

Hy waarsku egter dat sou die berig in die media verskyn, hy nie meer die geld sal terugbetaal nie. “Ek gaan vir hom baie moeilikheid maak.”

Schreuder se beëdigde verklaring, wat hy in April 2018 by die polisie in Windhoek afgelê het, dui aan dat hy reeds sedert Julie 2016 onverpoos probeer om sy geld terug te kry.

KASSIE

Rouwkoop

Doktor Aimite Jorge, ’n senior kontrakteregdosent verbonde aan die Universiteit van Namibië (Unam), het gister gesê: ’n Rouwkoop-bepaling spruit uit ons Romeins-Hollandse gemenereg. Die woord is afgelei uit Nederlands en beteken “berou” en “koop”. “In wese is dit ’n klousule in ’n ooreenkoms wat ’n party tot ’n ooreenkoms geregtig maak om ’n ooreengekome bedrag geld te betaal, ten einde toegelaat te word om aan ’n ooreenkoms te onttrek (of sy of haar vryheid te koop).”

Sou ’n koper in ’n ooreenkoms wat ’n rouwkoop-bepaling bevat, aan die ooreenkoms onttrek en die ooreengekome rouwkoop-bedrag betaal, word die koper geag ooreenkomstig die bepalings van die ooreenkoms op te getree het, en sy of haar onttrekking sal nie as kontrakbreuk beskou word nie, sê Jorge.

Volgens die kenner het die beginsel ’n soortgelyke rol as ’n boetebepaling “hoewel dit verskillend is. Die insluiting van óf ’n boete- óf ’n rouwkoopklousule in ’n verkoopooreenkoms is doeltreffende maniere vir die verkoper om te verseker hy of sy het met ’n ernstige koper te doen.”

Kommentaar

Republikein 2024-05-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.29 | EUR to NAD 19.94 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.64 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.63 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 302.05/OZ UP +0.46% | Copper US$ 4.46/lb DOWN -0.0097 | Zinc US$ 2 898.50/T UP 0.83% | Brent Crude Oil US$ 84.63/BBP DOWN -0.0238 | Platinum US$ 953.09/OZ UP +1.96% Sport results: LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.29 | EUR to NAD 19.94 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.64 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.63 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 302.05/OZ UP +0.46% | Copper US$ 4.46/lb DOWN -0.0097 | Zinc US$ 2 898.50/T UP 0.83% | Brent Crude Oil US$ 84.63/BBP DOWN -0.0238 | Platinum US$ 953.09/OZ UP +1.96%