Rooi Valke behoorlik opgedons
Die Namibiërs is in die Paarl om 'n punt te bewys.
Andrew Poolman - Namibië se verklaarde doelwit is om vandeesweek met sy wentellings te wys dat dit 'n gróót fout was toe hy ná 2017 uit die onder 18 Cravenweek rugbytoernooi weggelaat is.
As troosprys ding die land se beste skoletalent nou in die onder 18 Akademieweek mee wat gisteroggend in die Paarl begin het.
Namibië was om agtuur in die openingswedstryd in aksie en het op 'n koue, nat veld met 41-8 verby die Rooi Valke gestorm.
Die skraal geboude, maar vlugvoetige heelagter Aljarreau Zaahl (Windhoek Hoërskool) het nie net 'n drie gedruk nie, maar het ook met vyf uit vyf doelskoppe en twee strafdoele geslaag. Sy 21 punte het die skaal in sy guns geswaai om as speler van die wedstryd aangewys te word.
Tsumeb Gimnasium se slot Pieter Daan Kok, die WHS-vleuel Maandero Haimbonde, flank Shaun van Wyk (WHS) asook die kaptein en agtsteman Victor van der Watt (Walvisbaai Privaat Hoërskool) het die ander Namibiese drieë gedruk.
“Pieter Daan Kok was baie goed in die lynstane. Ons lostrio Shaun van Wyk, De Wet Oosthuizen en Victor van der Watt was 'n doring in die vlees van die Valke, terwyl die stut Ethan Thiart (Windhoek Gimnasium) sy tipiese sterk stormlope ingekry en ons goed oor die voordeellyn gedra het,” sê die afrigter van die Namibiese span, mnr. Ainsley Daniels.
Die Namibiërs was rustyd met 13-8 voor.
“Ons het stadig begin, maar het momentum opgetel en as kaptein was Victor aan die spits van die voorspelers wat die grondslag gelê het. Dít het gehelp dat ons die telbord in die tweede helfte lekker laat aanrol het.”
Rugbykenners is besorg oor die feit dat minder Namibiese seuns nou op Suid-Afrika se hoogste provinsiale vlak blootstelling kry, vanweë die eensydige besluit laasjaar om Namibië ná meer as 'n halfeeu uit die Cravenweek weg te laat.
Die standaard van kompetisie by die Cravenweek word volgens kenners as minstens 20 of selfs meer as 50 persent sterker gereken as by die o.18 Akademieweek, wat oorwegend 'n voedingsbron vir die volgende jaar se Cravenweek is.
“Selfs sonder ons groepie sewes-spelers (wat moes kies om op dié taak te fokus en wat eersdaags na die Afrika Jeugspele in Algerië vertrek), behoort ons beste o.18-span te sterk vir die meeste opponente by die Akademieweek te wees,” sê mnr. Willie van Zyl van Walvisbaai Privaat Hoërskool, wat die afgelope jare as afrigter of spanbestuurder van verskeie nasionale skolespanne opgetree het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie