Rooi spanne oorgehaal vir Desert Dash
Indongo Toyota is trots om vanjaar weer een van die borge van die Nedbank Desert Dash op 9 Desember te wees. Indongo Toyota stel nie net verskeie voertuie beskikbaar ter ondersteuning van die fietsryers en die organiseerders van die epiese wedren van Windhoek na Swakopmund nie. Die onderneming het boonop drie spanne ingeskryf wat in die verskillende kategorieë sal meeding. André de Klerk (tweede van links) is die verteenwoordiger in die mans solo-afstand van 369 kilometer. Anneke Steenkamp (links) en Maike Bochert (regs) is ingeskryf as ''n vrouespan van twee. Die gemengde viermanspan sal bestaan uit Jaco Opperman (tweede van regs), Estelle van Zyl (middel), Andre van der Merwe en Stefan Pienaar (beide afwesig). Die Desert Dash is die langste eendaagse bergfietsresies ter wêreld en deurkruis die Namibwoestyn oor die Khomas Hochland bergpas. Foto verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie