Rolverdeling en karakters
Jacqueline Louw - Vroeg in my lewe het ek besluit daar is twee tipes mense, dié wat inspireer en ander wie se saaiheid of negatiwiteit jou radeloos kan laat. Die Engelse gebruik die uitdrukkings “life enhancing” en “life diminishing”. In laasgenoemde kategorie is daar ’n skadelose, maar lastige groep – die vervelende mense. Die Engelse noem hulle “bores”, die Amerikaners “dullards”, en die Afrikaanse woordeboek seurkouse, droëlewers of droë bokkoms.
Ek was te streng opgevoed om ooit die goeie maniere wat ek as kind geleer het te vergeet, so vandag is ek ongelukkig nie in staat om al die seurkouse wat ’n mens onvermydelik teëkom die rug te keer nie.
Nogtans is daar geen verskoning om ’n langtermynverhouding met hierdie vermoeiende spesie aan te knoop nie, behalwe natuurlik as die seurkous jou wederhelfte se baas is. Maar in alle ander gevalle is die enigste uitweg om nooit enige uitnodigings te aanvaar nie sodat jy nie die kompliment hoef te beantwoord nie. En as jy absoluut verplig is om hulle ten minste een keer te nooi, is dit verkieslik om hulle in ’n skare te laat verdwyn.
Die mees produktiewe seurkous is die persoon wat dolverlief op homself is, wat slegs oor homself praat, jou onderbreek om sy eie storie te vertel, wat altyd, ten minste na sy mening, meer interessant is as wat met jou gebeur het. Daar is regtig geen sin daarin om hom te probeer amuseer of beïndruk met die aand wat jy by die Staatshuis deurgebring het of die drie kolhoue wat jy by die golf geslaan het nie, hierdie tipe sal altyd ’n storie hê wat joune oortref en dit vir ure uitrek.
Maar daar is ander dodelike variëteite: die geil, ouer mans wat aandring om net met die mooiste meisies by ’n partytjie te praat; die onbedagsame dames wat jou bombardeer met intieme vrae; die mans wat ’n sappige dubbelsinnigheid agter elke onskuldige frase bespeur; die praters wat jou aan die arm of jou metgesel aan die lapel gryp om seker te maak daar is geen ontsnapkans nie; diegene wat ’n skouspelagtige loopbaan as begrafnisondernemer kon geniet, so somber is hul uitkyk en so nie-bestaande hul glimlag; mense wat te veel drink; die wat oor niks anders as politiek of die prys van hoendervleis gesels nie; of die kinders se diarree, of verskeie afstootlike kwale, of die prestasie van hul nuwe motor, of hul jag- en visvang-wedervaringe . . . kortliks, (want hierdie lys is geensins volledig nie) almal vir wie jy absoluut niks te sê het nie en wat jou hele persoonlikheid tot die grootte van ’n oordrom laat krimp. Daar is slegs een effektiewe strategie in die teenwoordigheid van al hierdie droëlewers: vlug!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie