Robertson dalk vir Kiwi-rugby verlore
Rugby
Scott Robertson kan vir Nieu-Seelandse rugby verlore wees indien hy nie as die volgende afrigter van die All Blacks aangewys word nie.
Die 44-jarige Robertson het die leisels gehou van die Crusaders-spanne wat die afgelope twee seisoene die Superreeks gewen het en is glo op die punt om 'n nuwe kontrak met dié franchise te sluit.
Dit lyk nou egter of 'n afrigtingspos in Frankryk ook sy belangstelling prikkel.
“Daar is dinge wat ek nog wil afhandel by die Crusaders, maar ek sal graag ook oorsee wil afrig. Dit sal 'n goeie uitdaging wees om jou kennis en filosofie in 'n ander omgewing te toets,” het hy luidens 'n berig deur die New Zealand Herald gesê.
“Een van my drome is om in Frankryk af te rig. Ek het in my loopbaan om 'n rede daar gespeel – om die taal en kultuur te leer, en om te kyk hoe hulle dinge benader.”
Robertson het verlede maand nog gesê dat hy verwag om 'n nuwe kontrak met die Crusaders te sluit.
“Dis my tuiste, so al daardie faktore kom ter sprake. Ek is ook mal oor die span en die spelers. Dis seker die eerste keer in my loopbaan dat ek voel dat ek in 'n posisie is om te onderhandel,” sê hy.
Ian Foster, een van Steve Hansen se huidige assistente by die All Blacks, is waarskynlik die gunsteling vir die pos. Warren Gatland, Vern Cotter en Robertson se name is ook in die hoed.
Robertson wou tot dusver “uit respek” vir Hansen nie veel sê oor sy ambisie om die All Blacks te brei nie. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie