RMB Song Night se swanesang
Die inisiatief RMB Song Night wat 'n dekade gelede op die been gebring is met die doel om Namibiese musiek te ontwikkel, sal vanaand sy laaste konsert aanbied.
Lize Ehlers, die stigter en direkteur van die platform, sê hulle het verskeie borge om hulp genader, maar kon ongelukkig nie die finansiering kry om voort te gaan nie.
RMB Song Night sal voortaan 'n nuwe baadjie aantrek.
“Ons sal 'n manier vind om interaktief met die gemeenskappe te werk en direk op 'n gedesentraliseerde manier te werk.”
Vir die laaste RMB Song Night – soos ons dit nou ken – sal 'n nuwe gesig op die verhoog te sien wees.
Die 23-jarige MOMO sal die platform se sogenaamde swanesang lewer.
“Deur myself musikaal uit te druk, deel ek die wysheid wat ek tydens my lewenservarings opgedoen het, met die doel om vertroosting en duidelikheid aan ander te gee, asook om ander te inspireer om getrou te wees aan hulself en hul outentieke uitdrukking,” vertel sy.
Die konsert vind vanaand by HEC Studios in Dr. Kenneth David Kaundastraat (voorheen Uhlandstraat) in Eros plaas en begin om 18:30 vir 19:00. Toegang is N$100 by die hek en 'n kontantkroeg sal beskikbaar wees. Onthou jou masker!
Die konsert kan ook vanaf 19:00 tot 20:00 regstreeks op RMB Song Night se Facebook-blad gevolg word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie