Riviere vloei!
Die Omaruru-, Okahandja-, Omitara-, Swakop- en Tsauchabrivier het Donderdag en oor die naweek gevloei.
Die riviere by Rehoboth het ook sterk gevloei. Die Nautedam by Keetmanshoop, Hardapdam by Mariental, Von Bachdam by Okahandja en Oanobdam by Rehoboth het almal water ontvang.
By die weerstasie op Steenboklaagte in die Grootfontein-omgewing is Donderdag 68 mm reën gemeet, terwyl Rehoboth 40,6 mm ontvang het. Die plaas Hoba by Grootfontein het 70 mm ontvang. Vrydag is daar volgens die Namibiese weerkantoor op Rundu 32,5 mm gemeet, op Grootfontein 25 mm, by die Von Lindequist-hek in Etosha 33,5 mm en by Namutoni 23 mm. Die plaas Naudubib by Grootfontein het Vrydag 55 mm en Saterdag 11 mm ontvang. Nog plekke wat Saterdag reën gekry het, is Otavi (6 mm) en die plaas Steenboklaagte (102 mm). Die plaas Nutupsdrift by Maltahöhe het 31 mm in die reënmeter gehad, Kalkveld 30 mm en Tsumeb 55 mm.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie