Rittmann-moordsaak: Beskuldigdes saam verhoor

Twee voormalige minnaars in 'n liefdesdriehoek het gister ver van mekaar in die beskuldigdebank gesit.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg



Regter Christie Liebenberg het gister in die Windhoekse hoërhof gelas die moordbeskuldigdes mnr. Rhyno du Preez (35) en me. Rachel Rittmann (48) sal nie twee afsonderlike verhore hê nie.

Dít ondanks die feit dat Du Preez erken hy het wel op 23 Augustus 2013 op Gobabis sy medebeskuldigde en minnares se man, mnr. Rudolph Rittmann, vermoor.

Liebenberg het gister gesê hoewel Du Preez eergister bekentenisse afgelê het dat hy en sy medebe­skuldigde in 'n verhouding was en die moord op haar man beplan het en uitgevoer het, het hy steeds nie skuldig gepleit nie.

Du Preez het in sy bekentenis, wat eergister in die hof voorgelees is, erken hy, sy medebeskuldigde en sy broer, mnr. Egenhardt du Preez, het in 2013 in 'n Windhoekse restaurant beplan om die moord te pleeg sodat hulle die geld wat Rittmann van haar man sou erf, vir 'n hangende bedrogsaak teen hom (Du Preez) en Rittmann kon gebruik.

Du Preez het op die moorddag glo kabelbinders in Windhoek gekoop en na Gobabis gery, waar Rittmann en haar man gewoon het.

“Sy het my by die huis ingelaat; ek moes my skoene uittrek en sy het my na die slaapkamer geneem waar haar man geslaap het," het Du Preez gesê.

“Sy het my verseker haar man slaap vas, want sy het vir hom slaappille ingegee. Sy het met haar selfoonskerm lig verskaf, maar toe ek sy enkels probeer vasbind, het hy wakker geword.”

Du Preez sê hy het paniekerig geraak en op Rudolph gespring en hulle het begin stoei.

“Ek het vir Rittmann gesê om 'n mes te gaan haal. Sy het kombuis toe gehardloop en die mes aan my oorhandig. Ek het haar man herhaaldelik met die mes gesteek tot sy liggaam nie meer beweeg het nie.”

Ná die moord het die twee beskuldigdes die huis glo gesluit en N$1 500 by twee kitsbanke getrek.

Terug by die huis het Rittmann die hek glo vir Du Preez oopgemaak om die oorledene se bakkie in trurat in te trek om die lyk agterop te laai.

“Ons het die huis skoongemaak met die 10 bottels water wat Rittmann by die vulstasie gekoop het. Ons het ons klere uitgetrek en skoon klere aangetrek. Ek het die lyk aan sy arm getrek en Rittmann het seker gemaak geen bloedbesmeerde liggaamsdele raak aan die mure nie.”

Al die bloedbesmeerde klere en die mes, asook 'n plastiekhouer is glo saam met die lyk agterop die bakkie gelaai.



STRAWBERRY LIPS

“Ek het 'n paar meter gery toe ek onthou Rittmann het 'n bottel Strawberry Lips. Ek het omgedraai en dit by haar gaan haal. Ek het later in die veld petrol in die houer gegooi, verder in die rigting van Windhoek gery en gestop,” het Du Preez gesê.

Hy het die lyk toe glo in die bestuurdersitplek gelaai en vasgegordel, bo-op hom gaan sit en 'n entjie verder gery.

“Ek het uitgeklim, petrol oor die oorledene en die voertuig uitgegooi, dit aangeskakel en gekyk hoe dit in die heining vasry, waarna ek dit aan die brand gesteek het.”

Du Preez het erken hy het die mes in die veld gegooi, wat later deur die polisie gevind is.

Volgens Du Preez was hy 28 toe hy in 2012 vir Rittman (toe 42) op Face­book ontmoet het en dolverlief op haar geraak het.

Hy het toe op Swakopmund gewoon en het weke nadat hy vir Rittmann ontmoet het, by haar huurhuis op Okahandja ingetrek.

“Ek was malverlief op haar en sou enigiets doen om haar gelukkig te maak.” Gister het Du Preez egter ver van sy medebeskuldigde in die beskuldigdebank gesit.

Die twee is op 1 September 2013 in Windhoek in hegtenis geneem en het in Desember met die begin van hul verhoor onskuldig op alle klagte gepleit.

Adv. Marthino Olivier verskyn vir die staat, mnr. Johan van Vuuren vir Rittmann en die staatsprokureur me. Ileni Gebhardt vir Du Preez.

Kommentaar

Republikein 2024-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: Premier League: Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Weather: Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%