Risikofaktore, simptome en toetsing vir bors- en servikale kanker
Oktober is internasionale borskanker-bewusmakingsmaand en die Kankervereniging van Namibië het hierdie artikel verskaf om risikofaktore sowel as waarskuwingstekens vir kanker uit te wys.
Wat is die risikofaktore van borskanker en hoe kan dit voorkom word?
Die oorsake van borskanker bly ’n raaisel, maar die volgende faktore kan ? rol speel:
·Ouderdom
·Rook
·Oorgewig
·Alkoholinname
·Familiegeskiedenis
·Geskiedenis van borskanker
Wat is die waarskuwingstekens van borskanker?
Vroue (en mans) moet uitkyk vir die volgende tekens:
·’n Knop of verdikking op enige plek in die armholte of bors
·Enige afskeiding uit die tepel buiten borsmelk
·Enige verandering in die kleur of tekstuur van die vel
·’n Tepel wat abnormaal ingeduik of teer is
Wat veroorsaak servikale kanker?
Hoewel die presiese oorsaak vir servikale kanker nog onduidelik is, is daar verskeie risikofaktore wat jou kwesbaar daarvoor kan maak.
·HPV-infeksie: Die menslike papilloomvirus (HPV), 'n seksuele oordraagbare siekte, word beskou as die belangrikste risikofaktor in servikskanker. Vroue wat op ? vroeë ouderdom seksueel aktief raak (voor die ouderdom van 18 jaar) of meer as een seksuele maat het, is blootgestel aan ? groter risiko vir seksueel oordraagbare siektes.
·Rook: Vroue wat rook het ? groter kans om kanker te ontwikkel as vroue wat nie rook nie.
·Swak immuunstelsel: Vroue met swak immuunstelsels is meer geneig om servikale kanker te ontwikkel.
Simptome van servikale kanker?
·Abnormale vaginale bloeding na seks en menopouse of tussen menstruasie
·Abnormale vaginale afskeiding
·Pyn tydens seks
·’n Aanhoudende gevoel van stygende druk op die blaas of rektum
·Verandering in menstruele siklus, soos kort siklusse met lang periodes van oormatige vaginale bloeding
Hoe word servikale kanker gediagnoseer?
? Pap-toets is die roetine siftingstoets vir die opspoor van abnormale selle van die serviks.
Dit word beskou as die belangrikste instrument in die diagnosering en behandeling van kanker. Raadpleeg jou dokter of ginekoloog om ? behoorlike Pap-toetsskedule gebaseer op jou ouderdom en spesifieke omstandighede te bepaal.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie