Risa tem die Vis met eerste probeerslag

Namibië se eerste 100 km vrouewenner in jare, Risa Dreyer, sê niks kan jou werklik vir dié uitdaging voorberei nie.
Tielman van Lill
Tielman van Lill - Risa Dreyer, Namibië se voorste ultramarathonatleet, was die afgelope Saterdag in die Windhoek Light Visrivier Canyon ultra-wedloop oor 100 kilometer algeheel eerste van die vroue in 11 ure 28 minute in die vroue-afdeling behaal het.

Die Visrivier-ultramarathon wat jare gelede reeds ikoniese status weens sy unieke roete en ligging gekry het, lok jaarliks van die wêreld se beste langasems en avonturiers om sonder ondersteuning die 65 km en 100 km-roete binne 24-uur af te lê.

Dreyer is eintlik bekend as 'n pad­atleet, maar ná vier Comrades-ultrawedlope (in die laaste drie jare was sy elke keer algeheel die vinnigste Namibiër) het sy 'n nuwe uitdaging gesoek en besluit om vanjaar eerder vir die Vis in te skryf, soos die atlete na die uitdaging verwys.

“Die amptelike tye is nog nie verskaf nie, maar my tyd van ongeveer 11 ure 28 minute het aan my die eerste plek besorg met Sophia Ndlovu van Zimbabwe tweede en Nicola Ralph van die Wes-Kaap derde. Ndlovu het min of meer twee ure ná my geëindig, terwyl AJ Calitz (RSA) soos die vorige jaar die mansafdeling oorheers het.

“Ek is eintlik lief vir padwedlope, maar ná vier jaar het ek besluit om nie die Comrades te hardloop nie en besluit om iets anders te doen.

“Ek dink nie daar is enige kompetisie wat jou vir die Visrivier-ultramarathon kan voorberei nie. Ons was 21 deelnemers wat vir die 100 kilometer afstand weggespring het en ek het algeheel sesde klaargemaak. Kort voor ons die oggend moes begin, het 'n hele paar atlete besluit om eerder na die 65 km-roete af te skaal!

“Ek het vanjaar op 7 April my eerste Ysterman-driekamp (3.8 km swem, 180 km fietsry, 42.2 marathon) gedoen en tien dae later die Old Mutual Two Oceans ultra-marathon gehardloop waar ek my beste tyd van 4:30 behaal en onder die top-40 vroue geëindig het. Ek dink ek was 36ste.

“Met die Ysterman het ek die tweede vinnigste tyd in my ouderdomsgroep behaal en was agtste algeheel van die vroue. Ek kry nie genoeg tyd vir fietsry nie, dus is hardloop my sterk punt,” het Dreyer gesê.



VERDWAAL

“Ondanks al die voorbereiding was die Vis vir my 'n ongelooflike taai ervaring. Ek het eers swaar gesluk dat ek vanjaar die Comrades gaan mis, maar die Vis was nog altyd op my 'bucket'-lys. Ek het myself belowe dat as ek 'n inskrywing vir die Vis kry, sal ek gaan.

“Ek het beslis nie só 'n harde dag verwag nie. Ek het al talle ultrawedlope en uithoubyeenkomste suksesvol voltooi, maar ek was voorheen nog nooit so erg getoets soos hier nie. Die roete en terrein is so ongenaakbaar dat daar nie regtig eens kans is om te hardloop nie.

“Dit is van een rots na die ander en dan weer lang ente riviersand en dan weer spoelklippe so ver as wat die oog kan sien. Jy is selfversorgend vir die hele wedloop en drink water uit die poele soos jy vorder.

“Ek het verdwaal en op 'n lang dag soos Saterdag, breek dit jou moed. Ek was nog nooit in 'n canyon nie en ek dink dis van rondkyk van stomme verbasing oor die natuurskoon dat ek konsentrasie verloor het! Maar dit was asemrowend mooi.

“Die gevolg is dat ek verdwaal het en ongeveer ses kilometer ekstra moes aflê om die eindpunt te bereik! Ek was later so moeg dat ek nie meer kon fokus op wie is wie nie. Die laaste ou in die 100 km het eers ná elfuur die aand en ná meer as 17 ure en 30 minute die eindpunt bereik!

“Ongeveer 20 km voor die einde het ek my pa langs die roete opgemerk, want hulle het gaan kyk of ek al by die kontrolepunt aangemeld het. Ek was behoorlik in trane van verligting toe ek hom daar sien.

“Vir kilometers aaneen is daar geen siel in sig nie en dit maak die Vis iets totaal en al anders as die Comrades waar jy langs die pad deur duisende mense aangespoor word. Dit is 'n vreemde ervaring en 'n gevoel wat moeilik is om te beskryf.

“Ek wou nie eens by die waterpoele gaan sit en rus nie – net my water volgemaak en weer laat waai! Ek was so bang die donker (of 'n deelnemer) vang my. Dit was my mikpunt van die begin af om in minder as twaalf ure klaar te maak.

“Die organisasie van die mense was ongelooflik! Ek kan nie oor een ding kla nie. Die Visrivier sien my beslis weer. Baie dankie aan André Engelbrecht van Windhoek Light wat so mooi na my inskrywing gekyk het en baie dankie aan Windhoek Light dat julle die fantastiese byeenkoms moontlik maak,” het Dreyer aan Republikein vertel.



EIE WOORDE

Dreyer het op haar Facebook-profiel geskryf: “'n Mens se stommiteit ken nie grense nie... Tog neem dit jou na die mooiste plekke en ondervindings moontlik. Die 2019 Visrivier-uitdaging was totaal en al onwerklik, 'n droom.

“Dit was uitmergelend en moontlik een van die taaiste wedlope wat ek nóg gedoen het, maar dit was elke tree die moeite werd!

“Ek voel geëerd en nederig oor my eerste posisie en is ná die ondervinding opnuut bewus van ons nederige bestaan as mens in Sy meesterstuk. God het die aarde geskape!

“Sonder my gewone ondersteuningspan sou ek dit nie kon doen nie. Hannes Smit, dankie dat jy my arm so gedraai het. Ek is meer as ooit tevore oortuig dat mense hul drome moet najaag en hulle moet dit met 'n passie doen!” het Dreyer passievol vertel.



DIE WENNERS IN ONLANGSE JARE

2014, 100 km: Mans AJ Calitz (mans) en Linda Doke (vroue). 65 km: Athanasius Muronga (mans) en Caley Loots (vroue).

2015, 100 km: AJ Calitz en Charmaine Salvage. 65 km: Athanasius Muronga en Georgina Ayre.

2016 (nuwe rekord vir mans): AJ Calitz en Liubov Sych. 65 km: Athanasius Muronga en Sandra le Roux.

2017, 100 km: AJ Calitz en Sandra le Roux. 65 km: Athanasius Muronga en Julia Jansen van Rensburg.

2018, 100 km: AJ Calitz en Gagiano Carine. 65 km: Rory Scheffer en Alexandro Marko.



TYDREKORD

In 2003 besluit vier Namibiërs naamlik Russell Paschke, Charlie du Toit, Coenraad Pool en Tommy van Wyk om 'n aanslag op die tydrekord te loods wat hulle suksesvol in 10:54 behaal het.

In Augustus 2012 kom maak Ryan Sandes, die wêreldbekende ultra-atleet van Suid-Afrika, sy draai om die vorige rekord met 'n ongelooflike poging met vier ure stukkend te hardloop om in 6:57 eerste te eindig.

Op 18 Junie 2016 knyp nog 'n Suid-Afrikaner, AJ Calitz, 'n verdere 18 minute van Sandes se rekordtyd af om in 6:39 sy naam in die rekordboeke te verewig. Calitz is 'n gerekende ultra-atleet wat sedert sy toetrede tot landlope die Suid-Afrikaanse Ultra Trail-kampioenskap twee maal gebuit het.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Currency: GBP to NAD 23.06 | EUR to NAD 19.8 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.27 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.26 | USD to ZMW 25.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 385.48/OZ UP +0.32% | Copper US$ 4.90/lb UP +1.12% | Zinc US$ 2 981.00/T UP 0.1% | Brent Crude Oil US$ 83.80/BBP UP +0.03% | Platinum US$ 1 058.66/OZ DOWN -0.0028 Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.06 | EUR to NAD 19.8 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.27 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.26 | USD to ZMW 25.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 385.48/OZ UP +0.32% | Copper US$ 4.90/lb UP +1.12% | Zinc US$ 2 981.00/T UP 0.1% | Brent Crude Oil US$ 83.80/BBP UP +0.03% | Platinum US$ 1 058.66/OZ DOWN -0.0028