Riool se klankie uitgevee
Sake-einaars in Kasinostraat in Windhoek se middestad was keelvol vir die reuk wat voor hul ondernemings hang.
Vir byna twee maande het een van die rioolpype kort-kort oorgeloop en verlede week was dit weer so.
Die eienaars het die munisipaliteit glo daagliks geskakel, maar die probleem het onopgelos gebly.
Dit was vir voetgangers ook ?n ongerief om soos mnr. Mike Mutanga (foto) oor die gemors te moet klim.
Teen gister was die lekkasie egter wonderbaarlik herstel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie