Ricardo Gustavo se appèl teen weiering van borgtog misluk

29 July 2020 | Howe
Ronelle Rademeyer - Die appèl van mnr. Ricardo Gustavo (44, foto), gewese kliëntediens-direkteur by Investec Asset Management Namibia, vroeër vandeesmaand in die hoërhof in Windhoek teen sy mislukte borgtogaansoek in die landdroshof, is van die hand gewys.
Regter Kobus Miller het Dinsdag bevind hy is nie oortuig dat landdros Johannes Shuuveni se besluit om borgtog te weier, verkeerd was nie.
Gustavo is op 27 November verlede jaar saam met die gewese minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernhard Esau, in hegtenis geneem op klagte wat uit die Fishrot-korrupsieskandaal voortspruit.
Kort daarna het die voormalige minister van justisie, mnr. Sacky Shanghala, Gustavo se voormalige baas by Investec, mnr. James Katuikulipi, laasgenoemde se neef, Tamson (Fitty) Hatuikulipi - wat ook Esau se skoonseun is, en mnr. Pius Mwatelulo ook verband met dié beweerde grootskaalse bedrog en korrupsie met die verkoop van viskwotas in hegtenis geneem.
Shuuveni het in sy uitspraak in die borgtogaansoek gesê dit is nie die openbare belang om hom op borgtog bry te laat nie.

Soortgelyk

 

Vandag se Covid-19-data

4 ure gelede | Gesondheid

'n Visuele opsomming van die inligting vir Maandag 10 Augustus 2020, soos om 15:00 vanmiddag aangekondig deur die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr....

Skerp styging in gevalle in Windhoek wek kommer, sê...

5 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste dr. Kalumbi Shangula het die situasie in Windhoek as "kommerwekkend" beskryf met 79 nuwe Covid-19-gevalle wat vandag in...

Twee met ivoor, velle vasgetrek

9 ure gelede | Misdaad

Twee vermeende wildmisdadigers, mnr. Gabriel Kuutondokwa Nalitje en David Simon, is verlede Maandag in Windhoek glo met drie stukke ivoor en een elk luiperd- en...

Viskwotas: Tweede Fishrot gevrees

20 ure gelede | Misdaad

Leandrea Louw op Walvisbaai - Rolspelers in die visbedryf is bekommerd dat die land in 'n tweede Fishrot-skandaal gedompel sal word as viskwotas opgeveil word....

Olifante vertrap Noorde-plase

20 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Twee troppe olifante het sedert Donderdag en oor die afgelope naweek verwoesting op plase teen die veterinêre kordonheining in die Noordooste gesaai,...

Tossing papers, tapping buttons

20 ure gelede | Tegnologie

Justicia Shipena WINDHOEKHaving started his coding journey in grade nine at De Duine Secondary School in Walvis Bay, Joachim Shilongo recently developed a...

'Beskerm jouself en ander'

20 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste gaan beheermaatreels in Windhoek verskerp in ’n poging om die toenemende skerp styging in Covid-19-gevalle...

Weer vir 11 Augustus 2020

20 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue toestande sal môre in die Suide vestig. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm, maar baie warm...

#Covid19SafetyChallenge closing date extended

20 ure gelede | Gesondheid

Justicia Shipena LifeLine ChildLine, through Uitani Radio, invites young people of all ages to participate in the #Covid19SafetyChallenge.This competition aims to monitor how many...