Reusestrawwe vir wildmisdadigers
Reusestrawwe vir wildmisdadigers

Reusestrawwe vir wildmisdadigers

Olifant- en renosterstropers gaan nou miljoene moet opdok of lank tjoekie toe moet gaan.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Altesaam 117 vermeende wildmisdadigers is van Oktober tot Desember verlede jaar in hegtenis geneem.

Dié verdagtes kan by skuldigbevinding reusevonnise in howe opgelê word.

Uit die 117 verdagtes is 25 vir olifantstropery of ivoorsmokkelary of pogings daartoe in die drie maande vasgetrek en 17 vir renosterstropery of horingsmokkelary of pogings daartoe.

Die Namibiese polisie, weermag en die ministerie van die omgewing en toerisme het Maandag wildmisdaadstatistieke van Oktober tot Desember 2019 bekend gestel.

Adj.komm. Kauna Shikwambi, nasionale polisiewoordvoerder, het in ’n mediaverklaring beklemtoon strawwe vir wildmisdadigers is aangepas.

“By skuldigbevinding kan ’n olifant- of renosterstroper tot ’n boete van nie meer as N$25 miljoen (voorheen N$200 000) of gevangenisstraf van 25 jaar (voorheen 20 jaar) gevonnis word,” sê Shikwambi.

“Vir die onwettige besit van renosterhoring, ivoor of ietermagôvel, kan ’n wildmisdadiger ’n boete van nie meer as N$15 miljoen (voorheen N$20 000) of tronkstraf van 15 jaar (voorheen vyf jaar) opgelê word.”

Die woordvoerder meen dit is ’n duidelike waarskuwing aan voornemende wildmisdadigers.

Sy het ’n beroep op die publiek gedoen om onwettige wildmisdaad aan te meld.

Van Oktober tot Desember verlede jaar is beslag op 11 vuurwapens, 100 stuks ammunisie, 7 voertuie en 246 onwettige wildprodukte gelê.

“Niemand in Namibië mag enige spesiaal beskermde spesies of hul produkte sonder ’n geldige permit in hul besit hê nie,” sê Shikwambi.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° #N/A #N/A