Reusejaar vir Stimulus
Stimulus beskik oor miljoene dollars se kontant en wil nóg uitbrei.
Augetto Graig – Die uitvoerende direkteur van Stimulus Investments Ltd, mnr. Josephat Mwatotele, het beleggers Vrydag ingelig ‘n reusemeevaller wag in Julie op hulle wanneer ‘n dividend van N$6,93 per voorkeuraandeel vir die boekjaar tot einde Februarie 2017 uitbetaal word – meer as dubbel die dividend van N$3,29 vir die vorige finansiële jaar.
In totaal beloop Stimulus se dividend aan voorkeuraandeelhouers vir die afgelope boekjaar sowat N$32,2 miljoen.
Stimulus se inkomste vir sy jongste boekjaar het meer as N$34,5 miljoen beloop - bykans 51,1% meer as in 2016. Wins van amper N$11,9 miljoen is gemaak - ‘n styging van sowat 17% teenoor die finansiële jaar in 2016.
Die beleggingsinstelling spog met meer as N$714 miljoen se bates in vergelyking met sowat N$546 miljoen in 2016.
Volgens Mwatotele het Stimulus se beleggingsportefeulje vir die 2017-boekjaar met 11,16% gegroei, ondanks die uitdagende ekonomiese klimaat wat verskeie plaaslike sektore ervaar het.
“Die portefeuljemaatskappye het in die algemeen stabiele opbrengs gelewer,” het hy gesê.
Stimulus verwag egter dat die gevolge van die trae ekonomie in die algemeen in die kort- tot mediumtermyn na sekere van die portefeuljemaatskappye sal deurvloei.
Sowat N$87,5 miljoen is gedurende die afgelope boekjaar belê om Khomas Solar-Saver en Namibia Media Holdings (NMH) te verkry. Nóg N$137,9 miljoen is ingesamel deur meer voorkeuraandele op die plaaslike indeks van die Namibiese aandelebeurs (NSX) uit te reik.
Beleggings gesoek
Tans is sowat 16,3% van Stimulus se bates in kontant. Daarmee beoog die groep om meer plaaslike beleggings in die toekoms te maak. “Daar is steeds beleggingsvooruitsigte van gehalte en nismarkgeleenthede in sommige van die sleutelsektore van die Namibiese ekonomie,” sê Mwatotele. Dit is egter skaars en vat lank om te realiseer.
“Ons sal egter voortgaan om nuwe beleggings te soek wat aan ons beleggingsmandaat, asook ons risiko- en korporatiewe bestuurskriteria voldoen. Die bestaande portefeulje word ondersteun deur kwaliteitbeleggings. Die voortgesette stabiliteit van Stimulus se beleggingsprestasie weerspieël nie net die sektorale diversiteit van die beleggingsportefeulje nie, maar ook die veerkragtigheid van die onderliggende beleggings en bestuurspanne van die beleggingsmaatskappye,” sê Mwatotele.
“Terwyl die portefeulje sterk bly en steeds aantreklike opbrengste lewer, verwag ons dat handelstoestande in die volgende 12 maande meer uitdagend sal word. Die fokus vir die komende jaar sal die vermindering van kontant wees deur nuwe beleggingsgeleenthede te soek, terwyl ons nou saam met die bestuurspanne sal werk om die algehele prestasie van ons bestaande maatskappye te verbeter,” sê hy.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie