Reusedwelmvonds gegryp
Reusedwelmvonds gegryp

Reusedwelmvonds gegryp

Twee mans is in hegtenis geneem omdat hulle beamptes na bewering probeer omkoop het.
Tanja Bause
Tanja Bause - Die Namibiese polisie het die afgelope naweek 14 mense in verband met die besit van dwelms ter waarde van meer as N$302 000 in hegtenis geneem.

Dít volgens hul misdaadverslag.

Die Namibiese polisie het Vrydag om 11:45 sowat 290 g skunk (dagga) ter waarde van N$14 500 in 'n huis by Blok E op Rehoboth gevind.

Ses mans tussen die ouderdom van 17 en 29 is in hegtenis geneem.

Vrydag om 18:30 is 'n 44-jarige man op Soetdoringlaagte op Stampriet in die besit van 19 “ballies” dagga in ­hegtenis geneem.

'n Man (21) is by die Green Bakery in Aimablaagte op Mariental in verband met die besit van N$50 se dagga in hegtenis geneem.

Nog 'n man (25) is glo in besit van dagga ter waarde van N$10 tydens dieselfde polisie-operasie in ­hegtenis geneem.

'n Ses-en-twintigjarige man is Vrydag by die rivierplotte buite ­Swakopmund in hegtenis geneem.

Hy is na wat verneem word in besit van 13 daggaplante ter waarde van N$300 gevind ná die polisie sy huis deursoek het.

Saterdag is 'n 18-jarige man in ­Narraville in hegtenis geneem nadat die polisie hom deursoek het en een Mandrax-tablet, agt halwe Mandrax-tablette en 10 banksakkies dagga ter waarde van N$600 glo by hom gevind is.

Twee verdagtes is Sondag omstreeks 18:50 by die Klein Mannase-grenspos by Aroab in hegtenis geneem.

Hulle het glo 23 banksakkies dagga ter waarde van N$1 150 by hulle gehad. Die verdagtes is 21 en 40 jaar oud.

Donderdag het die polisie glo op 2 990 kg se dagga ter waarde van N$29 090 in die Ruhuga-nedersetting in die Kavango-Wesstreek beslag gelê.

Dít terwyl dit na bewering in 'n kano van Angola af na Namibië vervoer is.

'n Namibiese man (36) is in hegtenis geneem, terwyl sy vermeende Angolese medepligtige weggehardloop het.

Hy is nog nie in hegtenis geneem nie.



Vermeende verkragtings

'n Seun (18) verkrag sy 10-jarige suster glo herhaaldelik sedert 2014.

Dít het na bewering in die Oneheke-­nedersetting in die Omusatistreek ­afgespeel. Die seun is in hegtenis geneem.

Vrydag is 'n meisie (10) in die Ipanda-­nedersetting in die Ogando-kiesafdeling glo deur 'n seun (18) verkrag.

Die verdagte is aan die polisie bekend, maar is nog nie in hegtenis geneem nie.

Volgens die polisie het 'n man sy vrou Vrydag glo ná 'n bakleiery verkrag en toegesluit.

Die klaer was glo die hele naweek toegesluit en het Sondagaand ontsnap.

Die verdagte is nog nie in hegtenis geneem nie.



Omkopery

Saterdag omstreeks 15:30 het 'n 39-jarige Tanzaniese burger glo probeer om die immigrasiebeamptes by die Klein Manasse-grenspos by Aroab om te koop.

Die beamptes het glo agterdogtig geraak en vermoed die verdagte wou 'n voertuig die land insmokkel, wat in die buiteland geregistreer is.

Tydens ondervraging het die verdagte die beampte na bewering N$1 000 in kontant aangebied. Die man is in hegtenis geneem.

Nog 'n Tanzaniese burger is Saterdag om 17:10 by die Schwer Court op Robert Mugabeweg in hegtenis geneem ná hy glo probeer het om ­polisiebeamptes om te koop.

Die verdagte was na wat verneem word in die besit van 13 pakkies dagga ter waarde van N$256 800.

Hy het glo probeer om die polisie­beampte, wat hom in hegtenis geneem het, met N$15 400 om te koop.

Ná sy inhegtenisname is glo op N$3 100 se kontant beslag gelê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.6 | EUR to NAD 20.28 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.86 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.87 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 349.19/OZ UP +0.79% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.89% | Zinc US$ 2 893.40/T UP 1.37% | Brent Crude Oil US$ 89.23/BBP UP +0.38% | Platinum US$ 914.51/OZ DOWN -0.0015 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.6 | EUR to NAD 20.28 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.86 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.87 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 349.19/OZ UP +0.79% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.89% | Zinc US$ 2 893.40/T UP 1.37% | Brent Crude Oil US$ 89.23/BBP UP +0.38% | Platinum US$ 914.51/OZ DOWN -0.0015