Retief Burger bring lof

Lloyd Zandberg
Hallelujah Namibia, 'n nasionale lof- en aanbiddingsgeleentheid, vind op Saterdag 4 November by Hoërskool Windhoek se Vegkop-stadion plaas. Dit beloof om weer 'n wêreldklas geleentheid te wees. Retief Burger is 'n aanbidder in wese. Vir hom gaan dit oor meer as net liedjies. Sy musiek vind aanklank by 'n wye spektrum mense omdat dit opreg en modern is. Hy is egter nie net 'n aanbiddings­leier nie, maar glo God het hom geroep om mense na die hart van die Vader te lei. Hy het ook 'n passie daarvoor om nuwe leiers te vestig.

Retief het nog nooit enige ­begeerte gehad om 'n “kunstenaar” te wees nie. Hy wou aanvanklik net relevante Afrikaanse lof- en aanbiddingsliedjies skryf om die studente by Kruispunt ('n studentebediening in Potchefstroom) te lei. Dit was Louis Brittz wat hom na jare se getorring oorreed het om sy musiek op CD vas te lê en om sodoende die musiek vir die hele land beskikbaar te maak.

Koop gerus jou kaartjie vir Hallelujah Namibia by www.webtickets.com.na of by Pick n Pay. Indien jy 10 kaartjies koop, kry jy een gratis.

Vir meer inligting, kontak die Camp David-kantoor in Windhoek by [email protected], of by 061 300 650.

Kommentaar

Republikein 2025-12-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer