Resplendent: Veiligheidskwessies ondersoek
Die ministerie van werke en vervoer sê hulle vorder goed met die insameling van inligting wat kan help vasstel waarom die stokvisboot gesink het.
Elvira Hattingh - Die ministerie van werke en vervoer sê hy beoog om die voorlopige ondersoekverslag oor die oorsake van die stokvisboot, MFV Resplendent, se sinking binne twee weke gereed te hê.
Mnr. Julius Ngweda, woordvoerder van die ministerie van werke en vervoer, sê hul direktoraat vir maritieme aangeleenthede se ondersoek vorder goed met die insameling van inligting.
“Ons sperdatum vir die voorlopige verslag is 25 Maart,” het hy gister aan Republikein gesê.
Dit volg nadat dié boot op 18 Februarie in die diepsee in die Hentiesbaai-omgewing gesink het toe seewater dit skielik binnegestroom het.
Die skip se 26 bemanningslede is gered, maar kapt. Carlo Gordon is steeds vermis.
Volgens Ngweda fokus die ondersoek veral op veiligheidskwessies om vas te stel wat presies tot die sinking gelei het.
“Die ministerie is verantwoordelik vir die uitreiking van die nodige veiligheidslisensies,” het hy gesê.
“Die ondersoek gaan dus onder meer vasstel of alles in ooreenstemming met relevante veiligheidsvereistes gedoen is, of die boot geïnspekteer is en of dit werklik geskik was om vis te vang,” het hy gesê.
Hy sê afhangende van wat in die voorlopige verslag bevind word, kan ’n verdere ondersoek van stapel gestuur word.
“Sodra ons dié verslag onder oë het, kan ons oor die pad vorentoe besluit,” het hy gesê.
Ngweda sê onmiddellik ná die soektog na Gordon afgelas is, het die ministerie sy eie onafhanklike ondersoek na die voorval van stapel gestuur.
“Ons het mense hiervoor aangestel, wat Walvisbaai se hawekaptein en die voorsitter van die unie vir afgetrede vissermanne insluit,” het hy gesê.
“Ons wil vir alle belangegroepe en veral vir die vermiste kapt. Carlo Gordon se familie sê ons staan by julle en is besig met ’n ondersoek om die oorsaak van die gebeure vas te stel,” het hy gesê.
Hangana Seafood, ’n filiaal van die Ohlthaver & List-groep aan wie die boot behoort het, het in ’n mediaverklaring op 5 Maart gesê die soektog na Gordon is afgelas ná met kundiges beraadslaag is.
Volgens die kundiges was daar “geen redelike vooruitsig om die vermiste kaptein lewend te vind of sy liggaam uit die wrak te haal nie”.
Hangana Seafood het in beraadslaging met Walvis Bay Diving vasgestel selfs om met hoogs gesofistikeerde toerusting na die diepte te duik waar die wrak lê, is buite menslike vermoëns en sou uiters gevaarlik wees.
Die Resplendent het op ’n diepte van sowat 318 m gesink.
Bemanningslede is deur die visserboot Fisher Bank opgepik en na die Walvisbaai-hawe geneem.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie