Respekteer leerlinge!
Respekteer leerlinge!

Respekteer leerlinge!

Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn - Toenemende klagtes teen onderwysers wat hul gesagsposisies misbruik om seksuele verhoudinge met leerlinge te hê, kom aan die lig.

Republikein het gister berig oor kommer dat die DTA se me. Elma Dienda wat oor onderwys waghou, haar hieroor uitgespreek het. 'n Voorbeeld is genoem van 'n onderwyser wat 'n 9-jarige meisie betas het.

Dit is die gruwelikste misbruik van 'n magsposisie denkbaar omdat leerlinge dikwels te onvolwasse of onervare is om ongewenste toenadering te herken vir wat dit is, dit te verwerp óf by hul ouers óf 'n skoolhoof óf selfs by die polisie aan te meld.

Die dae waar 'n kind se woord verwerp word omdat 'n “grootmens” of 'n “gerespekteerde persoon” eerder geglo word, is hopelik verby.

Dit is tyd dat hierdie onthutsende tendens aan die groot klok gehang word.

Namibiese leerlinge staar genoeg uitdagings in die gesig. Om suksesvol van graad 1 tot graad 12 te vorder en universiteitsvrystelling te kry, is 'n reuse-uitdaging en die skrale 37 persent leerders wat wel die paal haal, vertel die verhaal van hoe moeilik dit inderdaad is om welslae te behaal.

Onderwysers wat nie hul hande kan tuishou nie en weerlose, beïnvloedbare leerlinge vir duistere motiewe misbruik, moet uit die stelsel verwyder word.

Hierdie teistering neem nie altyd 'n fisiese vorm aan nie en berigte is in die verlede ook ontvang van onderwysers wat op sosiale media op 'n ongewenste en onaanvaarbare wyse met leerlinge kommunikeer.

Laat onderwysers hulle bepaal by die reusetaak op hande, naamlik om behoorlike, gehalte onderrig aan Namibië se jeug te verskaf, hul karakters te bou en hulle sodanig op te voed dat, ondanks die vele uitdagings, leerlinge sowel akademies as geestelik weerbaar is om die grootmenswêreld te betree wanneer hulle die skoolbanke ná graad 12 verlaat.



Só sê ander:

Los Angeles Times

18 January 2017

Obama commuting Manning's sentence was act of mercy

By definition, the exercise of clemency is an act of mercy, not the meting out of mathematical justice. President Obama's decision to commute the sentence of Chelsea (formerly Bradley) Manning is a defensible use of that power.

The obvious argument for mercy is Manning's recent ordeal as a transgender woman in a men's military prison. But another factor is the harsh treatment Manning has received virtually from the time the young Army private was identified as the source of classified information supplied to WikiLeaks.

As a result of Obama's action, Manning will be free in May, which isn't that much earlier than an early parole. The earlier release is more than justified by sympathy for Manning's medical issues and the difficulty the military is having addressing them as long as she is a prisoner.

Those who would oppose Obama's act of clemency are straining the quality of mercy. • Los Angeles Times

Kommentaar

Republikein 2026-04-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer