Resessie slaan Namibië
Ná ses jaar van sterk ekonomiese groei, lyk dit toenemend dat 2016 ontnugterend gaan wees.
Jo-Maré Duddy – Miljoene minder dollar wat deur swaargewigte soos mynbou, konstruksie en die staatsdiens in die ekonomie ingepomp is, het Namibië amptelik in ‘n resessie gedompel.
Tegnies is ‘n land in ‘n resessie as dit twee opeenvolgende kwartale negatief op ‘n jaargrondslag groei. Die ekonomie het reeds in die tweede kwartaal met -1,5% gegroei. Data wat gister deur die Namibië Statistiekagentskap (NSA) vrygestel is, het Namibië se lot verseël: Die ekonomie het in die derde kwartaal met -1% gegroei.
Namibië se bruto binnelandse produk (BBP) die afgelope kwartaal, gemeet in konstante 2010-pryse, was net meer as N$27,2 miljard. Dit is sowat N$277 miljoen minder as in die derde kwartaal van 2015.
Vir die ekonomie om vanjaar, soos die regering hoop, met minstens 2,5% te groei, sal ten minste N$30 miljard in die huidige kwartaal moet vloei. Gegewe vanjaar se kwartaalvertonings tot dusver, gaan dit geen geringe taak wees nie. In die eerste kwartaal was die BBP bykans N$27,5 miljard, maar in die tweede kwartaal het dit tot amper N$25,7 miljard geval.
Volgens mnr. Rowland Brown, navorsingshoof van IJG Securities, lyk dit toenemend asof Namibië se algehele ekonomiese groei vir 2016 ‘n negatiewe syfer gaan wees. IJG verwag die ekonomie gaan vanjaar met 1,2% inkrimp.
Mnr. Ngoni Bopoto, navorsingsontleder by Namibia Equity Brokers (NEB), stem saam. Soos Brown sê hy die NSA se beramings dui op groei van net 0,3% vir die eerste drie kwartale van vanjaar. Verlede jaar was dié syfer 6,3%.
Kanse dat die ekonomie in die laaste kwartaal vanjaar betekenisvol gegroei het, is skraal, sê Bopoto. Dít verhoog die waarskynlikheid van ‘n algehele resessie in 2016, sê hy.
Sektore
Konstruksie, mynbou en vervaardiging het die rofste kwartaal agter die rug. Vergeleke met die derde kwartaal in 2015, het konstruksie nou N$232 miljoen minder tot die BBP bygedra. Mynbou se bydrae het met N$140 miljoen gekrimp, terwyl vervaardiging s’n N$129 miljoen kleiner was.
Regeringsbesteding wat kwaai gesnoei is, beteken die staatsdienssektor, onderwys en gesondheid uitgesluit, het N$179 miljoen minder in die ekonomie gestort.
Goeie nuus
Gister se BBP-syfers bevat darem ook goeie nuus. Die landbousektor het vir die eerste keer sedert die laaste kwartaal van 2014 weer positief gegroei. Dié sektor se bydrae tot die totale BBP die afgelope kwartaal het met N$13 miljoen tot N$843 miljoen toegeneem. Dit is 1,6% meer as dieselfde kwartaal in 2015.
Hotelle en restaurante, ‘n maatstaf vir die stand van toerisme, se bydrae het met N$62 miljoen of 10,3% tot N$661 miljoen gestyg. Vergeleke met die tweede kwartaal se -15,5% en die eerste kwartaal se 0,2% is dit ‘n welkome herstel.
Klein- en groothandel, een van die vernaamste dryfvere van die ekonomie, het met ‘n louwarm 3,6% gegroei. Hoewel dit steeds vir ‘n stewige bykans N$3,8 miljard in die BBP gesorg het, was dit net N$131 miljoen meer as in die derde kwartaal in 2015. Stygende rentekoerse en die verbruiker wat toenemend onder druk is, het hiertoe bygedra.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie