Reserwebank stuit 'Gupta-maatskappy'

'n Maatskappy wat beweerde bande met die Guptas het, het Reserwebank-regulasies oortree deur vals dokumente aan Mercantile Bank voor te lê.
Estelle de Bruyn
Homix, wat as 'n sogenaamde posbusmaatskappy sake doen, het probeer om byna R14,5 miljoen na 'n rekening in Hongkong te stuur.

'n “Posbusmaatskappy” word gestig met die doel om regs- en ­belastingverpligtinge te omseil. Hoewel sulke maatskappye daarop aanspraak maak dat hulle ekonomies aktief is, bestaan die maatskappy net op papier en word sy enigste sake gedoen by die posadres waar hy korrespondensie ontvang.

Die beweerde oortreding het aan die lig gekom toe die Reserwebank ­vandeesweek in die parlement 'n vraag beantwoord het wat deur die DA se Natasha Mazzone aan hom gevra is.

Daarby het 'n ondersoek wat deur FinSurv vir die Reserwebank gedoen is en in Desember 2016 voltooi is, getoon dat “Homix op verskeie ­geleenthede onwettig buitelandse valuta vanuit Suid-Afrika oorgedra het,” het die Reserwebank onthul.

Vir meer as 'n jaar het die joernalistieke ondersoekdiens amaBhungane ondersoek ingestel na die wyse waarop Homix honderdmiljoene rand in die geheim versteek het. Dit was oënskynlik terugbetalings van maat­skappye wat met Transnet sake gedoen het, volgens The Huffington Post, wat op 8 Desember daaroor berig het.

Drie dae later het die Reserwebank se adjunkpresident, Kuben Naidoo, 'n bevel onderteken wat geld aan die staat verbeurd verklaar het wat Homix in Mercantile Bank gedeponeer het. Die bevel is in die Staatskoerant van 30 Desember gepubliseer. Dit is ook dieselfde dag waarop die geld – R14 472 075 – asook enige rente wat daarop verdien is, as verbeurd verklaar is.

In sy parlementêre antwoord sê die Reserwebank hy het die saak by die Suid-Afrikaanse Polisiediens aangemeld “vir verdere stappe wat nodig geag word vanuit 'n strafregtelike oogpunt”.

Die finansiële toesigdepartement van die Reserwebank het op 29 Mei 2015 'n bevel uitgereik wat die onttrekking van alle geld verbied wat Homix in krediet het by ­Mercantile Bank.

“Op daardie tydstip het Homix aansoek gedoen by Mercantile Bank om buitelandse valuta oor te dra na Morningstar International Trade Bpk. van Hongkong, oënskynlik vir die doel om vir voorheen ingevoerde goedere te betaal.

“Die saldo in die rekening was in daardie stadium R14 472 075. Die betrokke bevel is uitgereik omdat daar 'n vermoede bestaan het dat Homix die Reserwebank se valutabeheermaatreëls oortree het deurdat hy vals dokumente aan Mercantile Bank aangebied het ter ondersteuning van hierdie uitstaande buitelandse valuta­transaksies.”

Mercantile Bank is bewus van die kennisgewing wat in die Staatskoerant gepubliseer is, het die bank in 'n verklaring gesê.

“Mercantile voldoen ten volle aan die Reserwebank en die Raad op Finansiële Dienste se reëls en regulasies vir finansiële instellings en sal aan die beslagleggingsbevel voldoen in ooreenstemming met die toepaslike voorwaardes van die ­valutabeheer-regulasies.”

Die Reserwebank sê in die verklaring hy is verbind tot die vertroulikheidsreëls tussen 'n bank en sy kliënte wat hom daarvan weerhou om enige inligting oor sy kliënt te deel.

Stefaans Brümmer, Susan Comrie en Sam Sole van amaBhungane berig dat die hofstukke wat by die hooggeregshof in Johannesburg ingedien is, regstreekse bewyse lewer van Gupta-betrokkenheid by Homix.

“Nadat Homix aan die kaak gestel is, het 'n waarskynlik afgeronde bedrag van 10% van die eerste jaar se betaling op 'n ander groot Transnet-kontrak sy pad na die Gupta-beheerde TNA Media gevind,” sê hulle.

Die bedrag, R17 miljoen, is na ­bewering deur die twee maatskappye “skoongewas” deur gebruik te maak van 'n teruggedateerde kontrak en die uitreiking van vals fakture voordat dit by TNA, uitgewer van The New Age, beland het, toon die hofstukke. -Netwerk24/Fin24

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026