Reserwebank hou rentekoers onveranderd
Verbruikers met skuld in Suid-Afrika het toe nié die tweede keer in twee maande goeie nuus van die Reserwebank gekry nie.
Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, het gister in Pretoria die repokoers onveranderd gelos op 6,75%, maar 2 van die lede het ten gunste van ’n verlagting gestem. Dit beteken banke hou hul prima rentekoers op 10,25%.
Die bank het sy inflasieverwagting vir 2017 onveranderd op 5,3% gehou, maar die verwagting vir 2018 en 2019 het met 0,1 van ’n persentasiepunt tot onderskeidelik 4% en 5,3% gestyg.
Vleispryse hou aan skerper styg as wat verwag is, het Kganyago gesê. Dit kom nadat vleispryse in Augustus 15% hoër was as ’n jaar gelede – die hoogste inflasiekoers in ses jaar.
Kganyago verwag dat die onderste draaipunt van inflasie 4,6% gaan wees in die eerste kwartaal van 2018.
Die Reserwebank is bekommerd oor Eskom se nuutste aansoek by die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) dat sy tariewe met 19,9% verhoog word volgende jaar.
Daar heers ook groot onsekerheid oor die Federale Reserweraad se pas van rentekoersverhogings, wat ’n impak op die rand kan hê.
Die rand “bly sensitief” vir politieke onsekerheid, verdere kredietafgraderings en die swak ekonomiese groei, sê Kganyago.
Die bank se verwagting vir 2017-groei is effens verhoog, van 0,5% tot 0,6%, maar die verwagting vir 2018 en 2019 is onveranderd gelaat op 1,2% en 1,3%.
Die Reserwebank is diep bekommerd oor die swak sakevertroue, wat investering en indiensneming in die private sektor aan bande lê, terwyl die staatsdiens ook nie kan investeer of aanstel nie weens erge fiskale druk.
Kganyago verwag hoër belasting in 2018 weens die druk op die fiskus, wat beteken vraag-gedrewe inflasie sal nie sommer ontwikkel nie.
Inflasieverwagtinge is bo of baie naby aan 6%, al is vooruitsigte baie nader aan 5%. Inflasieverwagtinge is ’n selfvervullende profesie in die sin dat dit salarisverhogings en prysstygings kan bepaal. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie