Reserwebank en Britse eweknie help Afrika-banke
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het ingestem om saam met die Bank van Engeland te werk in dié toetsprojek wat deur die Britse departement vir internasionale ontwikkeling gefinansier word.
Francois Williams - Die Suid-Afrikaanse Reserwebank en sy Britse eweknie, die Bank van Engeland, gaan saamwerk aan ’n projek om opleiding en tegniese steun aan sentrale banke in sekere Afrikalande te bied.
Die Reserwebank het gister in ’n verklaring gesê hy het ingestem om saam met die Bank van Engeland te werk in dié toetsprojek wat deur die Britse departement vir internasionale ontwikkeling gefinansier word.
Die projek sal teen middel volgende jaar aangebied word en die twee sentrale banke sit nou koppe bymekaar hoe dit aangepak moet word.
Van die aspekte wat beoog word sluit in:
- Opleiding oor die Twin Peaks-benadering van finansiële regulering (dus waar een owerheid fokus op die regulering en verstandige bestuur van finansiële instellings soos banke, en ’n ander owerheid fokus op markgedrag om hoofsaaklik verbruikers te beskerm);
- Die verbetering van beleidsraamwerke en toesighouding oor breë finansiële bestuur;
- Die ontwikkeling van maniere om sistemiese risiko en kwesbaarhede in die finansiële sektor beter te meet en monitor; en
- Nouer samewerking wat finansiële tegnologie betref.Volgens die Reserwebank sal die nuwe inisiatief saam met die Bank van Engeland voortbou op ’n reeds goeie verhouding tussen die twee sentrale banke.
Die Reserwebank het ook onlangs ’n memorandum van verstandhouding met die Europese Sentrale Bank onderteken, soortgelyk aan een wat met die Deutsche Bundesbank bestaan. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie