Reparasies: 'n Blik op die ooreenkoms
Reparasies: 'n Blik op die ooreenkoms

Reparasies: 'n Blik op die ooreenkoms

Besonderhede van die ooreenkoms tussen Namibië en Duitsland oor reparasies vir koloniale volksmoorde is onder die vergrootglas.
Yandi Du Plessis
Toivo Ndjebela



Sewe Namibiese streke – Erongo, Hardap, ||Kharas, Khomas, Kunene, Omaheke en Otjozon­djupa – is uitsluitlik geïdentifiseer vir unieke ondersteuningsprogramme vir heropbou en ontwikkeling as deel van die nuwe ooreenkoms tussen Duitsland en Namibië oor reparasies vir koloniale volksmoorde.

Sodanige ontwikkeling sal grondverkryging binne die raamwerk van die Namibiese Grondwet insluit, asook grondontwikkeling, landbou, landelike lewensbestaan en natuurlike hulpbronne, landelike infrastruktuur, energie- en watervoorsiening en tegniese en beroepsgerigte onderwys en opleiding.

Dít volgens die gesamentlike verklaring tussen dié twee regerings, wat Republikein se susterkoerant Namibian Sun onder oë gehad het, en waarop die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-­Amadhila, na verwagting vandeesweek in haar openingsrede aan die parlement sal fokus.

Terwyl die N$18,6 miljard wat tussen dié twee regerings ooreengekom is, geoormerk is vir “ondersteuningsprogramme vir heropbou en ontwikkeling ten bate van die afstammelinge van die gemeenskappe wat veral geraak is”, sal 'n bykomende N$838 miljoen aan projekte gemik op versoening, nagedagtenis, navorsing en opvoeding bestee word, luidens die verklaring.

“Die beheer- en implementeringstrukture vir albei programme sal op die beginsels van gelyke vennootskap, gesamentlike besluitneming, goeie bestuur en deursigtigheid, sowel as gemeenskaps­betrokkenheid gebaseer word,” lui die dokument verder.

Beide Namibië en Duitsland het saamgestem hierdie bedrag sal alle ­finansiële aspekte rakende die koloniale volksmoord-verwante kwessies dek, hoewel gemeenskappe verlede week gevra het daar moet weer oor dié bedrag besin word.

Bronne binne die Namibiese regering het verlede week aan Namibian Sun gesê die skikking is vir Namibië 'n belangrike politieke oorwinning, veral die feit dat Duitsland erken het die gruweldade wat tot 85 000 sterftes gelei het kan as volksmoord beskou word.

Namibiese gemeenskappe wie se familielede deur die koloniale Duitsland afgemaai is, eis reparasie van N$8 triljoen (N$8 000 000 000 000) en sê dit sal nie net as vergoeding vir verlore lewens dien nie, maar ook vir verlore grond.

Die verklaring self het toegegee “groot dele van die grondgebied wat die voorvaderlike land uitmaak wat histories bewoon is deur en behoort het aan inheemse gemeenskappe, is in die nasleep van die oorlog deur die Duitse staat beset”.

“Hierdie dade het gelei tot die verdrywing en verdringing van inheemse gemeenskappe van hul voorvaderlike grond. In sommige gevalle is gemeen­skappe uit die hedendaagse Namibië gedwing en is hulle tot vandag toe ontwortel.”

Daar word geglo dat meer as 15 miljoen hektaar grond van die Ovaherero- en Nama-gemeenskappe afgevat is, en baie van dié grond vandag beset word deur afstammelinge van Duitse kolonialiste, wat nou Namibiërs is.



'oorskot onwettig verwyder'

“Verder is menslike oorskot van lede van inheemse gemeenskappe ­onwettig verwyder en na Duitsland gestuur vir pseudo­wetenskaplike rassesuiwerheid- en eugenetiese 'navorsing' sonder respek vir menswaardigheid, of kulturele en godsdienstige oortuigings en praktyke,” lui die verklaring.

“Die besendings het ook kulturele arte­fakte van hierdie gemeenskappe ingesluit. Oor die algemeen is ­tienduisende mans, vroue en kinders onderwerp aan die wette en gepaardgaande Duitse beleide. Hulle is geskiet, opgehang, verbrand, uitgehonger, onderwerp aan eksperimente, as slawe aangehou, doodgewerk, misbruik, verkrag en verdryf – nie net van hulle grond, eiendom en vee nie, maar ook van hul regte en waardigheid.”

Dit lui voorts dat 'n “groot aantal van die Damara- en San-gemeenskappe ook uitgeroei is”.

“Op dieselfde grondslag aanvaar Duitsland 'n morele, historiese en politieke verantwoordelikheid om om vergifnis te vra vir hierdie volksmoord en daarna die nodige middele vir versoening en heropbou aan te bied.”

Volgens die verklaring sal 'n tweenasionale kommissie op die been gebring word om 'n blywende politieke raamwerk vir die verstewiging van verhoudings tussen Duitsland en Namibië te bewerkstellig.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 14° | 33° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 19° | 33° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 15° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:06, High tide: 04:02, Low Tide: 22:18, High tide: 16:30 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 04:00, Low Tide: 22:16, High tide: 16:28 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 03:59, Low Tide: 22:16, High tide: 16:27 Rehoboth: 18° | 30° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 18° | 32° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 12° | 22° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 10° | 18° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 15° | 28° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 11° | 22° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 17° | 31° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 13° | 16° Durban: 20° | 33° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.13 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.57 | USD to NAD 18.56 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.5 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.34 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1404.8 | USD to ZAR 18.56 | USD to ZMW 27.2 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77177.44 Up +0.32% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.65 Down -0.07% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13418.67 Up +0.32% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25988.93 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 308.51/OZ DOWN -0.0002 | Copper US$ 4.49/lb DOWN -0.002 | Zinc US$ 2 890.90/T DOWN -0.7% | Brent Crude Oil US$ 84.55/BBP UP +0.31% | Platinum US$ 981.08/OZ UP +0.71% Sport results: Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 14° | 33° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 19° | 33° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 15° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:06, High tide: 04:02, Low Tide: 22:18, High tide: 16:30 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 04:00, Low Tide: 22:16, High tide: 16:28 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 03:59, Low Tide: 22:16, High tide: 16:27 Rehoboth: 18° | 30° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 18° | 32° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 12° | 22° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 10° | 18° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 15° | 28° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 11° | 22° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 17° | 31° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 13° | 16° Durban: 20° | 33° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.13 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.57 | USD to NAD 18.56 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.5 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.34 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1404.8 | USD to ZAR 18.56 | USD to ZMW 27.2 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77177.44 Up +0.32% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.65 Down -0.07% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13418.67 Up +0.32% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25988.93 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 308.51/OZ DOWN -0.0002 | Copper US$ 4.49/lb DOWN -0.002 | Zinc US$ 2 890.90/T DOWN -0.7% | Brent Crude Oil US$ 84.55/BBP UP +0.31% | Platinum US$ 981.08/OZ UP +0.71%